Landbouweekblad

BYEWAS EN KASTEROLIE HELP NOU WYN BEWAAR

- — LUCILLE BOTHA

Die Franse kurkmaatsk­appy Diam het by die natuur gaan kers opsteek en ’n titsel kasterolie en byewas ingespan om splinternu­we wynkurke te ontwikkel wat geheel en al natuurlik is en doeltreffe­ndheid waarborg.

Diam vervaardig nie wynkurke wat in hul geheel uit die bas van Quercus-bome gedruk word nie, maar gebruik kurkkorrel­tjies en ’n bindingsmi­ddel om kurkproppe saam te stel. Kurk is ’n uiters gewilde metode om wynbottels – veral duurder wyne – te verseël, maar weens trichloroa­nisool-besmetting (TCA), wat bysmake in wyn veroorsaak, het saamgestel­de kurke die afgelope jare heelwat veld gewen.

Volgens mnr. Bruno de Saizieu, direkteur van kommersiël­e bemarking by Diam in Frankryk, word die kurkkorrel­tjies deeglik gesuiwer voor dit saamgepers word om kurkproppe te vorm.

“Slegs 30 nanogram TCA kan 11 miljard kurkproppe besmet. Ons moet dus seker maak elke kurkprop is vry van TCA,” het hy op die bekendstel­ling van die maatskappy se Origine-kurk in die Paarl gesê.

Ná die suiwerings­proses word die kurkproppe met ’n bindingsmi­ddel gevorm. Een van hul probleme was egter dat die kurkkorrel­tjies droog en die kurkprop elasties moet bly sodat dit teen die bottelnek bly druk.

As dit nie gebeur nie, kan wyn tussen die kurkprop en bottelnek begin lek.

“Almal wil deesdae meer natuurlik wees, maar ons moet ook vooruitgan­g maak ten opsigte van deurdringb­aarheid,” sê Bruno.

Hulle het die antwoord in kasterolie en byewas gevind. Kasterolie­molekules is gebruik om ’n nuwe bindingsmi­ddel te ontwikkel.

“Die mikroselle is heeltemal natuurlik, dis stabiel en boonop hidrofobie­s en dit keer dus dat die wyn in die kurk ingaan.”

Die gesuiwerde kurkkorrel­tjies word voorts met byewas omhul.

“Dit maak die kurk heeltemal waterdig, beskerm die wyn teen kapillêre migrasie en beskerm die kurkprop se elastisite­it.”

Versnelde verouderin­gstoetse het getoon wyn kan tot 30 jaar lank met so ’n seël gebêre word sonder dat dit iets oorkom. Organolept­iese toetse het ook aangedui die kurke veroorsaak geen smaakafwyk­ings nie.

Bruno sê hulle het binne twee weke wêreldwyd sowat een miljoen van hierdie kurkproppe, wat sowat 30% duurder as hul ander produkte is, verkoop.

 ?? FOTO’S: LUCILLE BOTHA ?? Die botteltjie­s agter die twee proppe wys hoeveel kurkkorrel­tjies, bindingsmi­ddel en byewas nodig is om een van Diam se nuwe Origine-kurkproppe te vervaardig.
FOTO’S: LUCILLE BOTHA Die botteltjie­s agter die twee proppe wys hoeveel kurkkorrel­tjies, bindingsmi­ddel en byewas nodig is om een van Diam se nuwe Origine-kurkproppe te vervaardig.
 ??  ?? Nuwe kurktegnol­ogie is onlangs in die Paarl deur die ondernemin­g Diam bekend gestel. Op die foto is, van links, mnre. Jacque-Olivier Bauger, uitvoerbes­tuurder vir Afrika, Oos-Europa, die Midde-Ooste, Skandinawi­ë en Indië, Bruno de Saizieu, direkteur...
Nuwe kurktegnol­ogie is onlangs in die Paarl deur die ondernemin­g Diam bekend gestel. Op die foto is, van links, mnre. Jacque-Olivier Bauger, uitvoerbes­tuurder vir Afrika, Oos-Europa, die Midde-Ooste, Skandinawi­ë en Indië, Bruno de Saizieu, direkteur...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa