Landbouweekblad

‘KAROOBOSSI­E ’N SPESIALE DING’ – PLANTKUNDI­GE

-

As plantkundi­ge moet sy boere aanraai om alle vee aan die veld te onttrek, maar as ’n boer se vrou besef sy hoe belangrik dit is om aan te hou boer. “Jy moet mos lewe, en as daar nie skaapprodu­ksie in die omgewing is nie, kring dit wyd uit en raak die hele dorp,” sê dr. Helga van der Merwe, navorsings­genoot aan die Universite­it van Kaapstad se plantbewar­ingseenhei­d. Sy woon ook op Calvinia.

Sy sê die huidige droogte is langer en droër as wat die Karoo ken. “Dit sal beslis ’n impak op die plantegroe­i hê, maar in watter mate weet ons nog nie, want ons weet nie wanneer dit gaan reën nie.”

Sy “vertrou” daar is ’n saadbank in die grond en dat eenjarige grasse weer sal opkom sodra dit weer reën. Volgens haar is die stof, wat tans erg in Calvinia is, ’n duidelike bewys daar is nie plantegroe­i om

die grond te bind nie.

“’n Karoobossi­e is ’n spesiale ding. Dit groei stadig en word oud. As jy dit van onder af bekyk, sien jy sy stam verdeel in ’n aantal dele, wat elkeen kan oorleef. Die bossie lyk dood, pikswart gebrand, maar as dit klaar gereën het, kom daar een spriet uit en so vervang die bossie homself.”

Sy het nie veel raad vir boere oor hoe om veldbestuu­r in die strawwe tye toe te pas nie. “Daar is net nie meer veld in die kampe nie. Die meeste boere voer dus swaar en hul kuddes is baie kleiner. Ja, boere skuif ook hul skape meer gereeld, maar die droogte hou nou al so lank aan, dat hoewel hulle meer gereeld skuif, daar net nie meer kos in die kampe is nie.”

Wat haar egter die meeste kwel, is die watertafel wat al laer sak. “Dit raak nie net minder nie, maar ons water raak ál brakker en souter. Baie mense se ou bome, waarvan die wortelstel­sels meters diep moet wees, kom nie meer by die water uit nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa