Landbouweekblad

Witbasterp­akket presteer wyd

Die wêreld naby Roedtan kan ongenaakba­ar wees, maar as die reën reg val, is die vrugbare grond vrygewig. Om in daardie geweste munt te slaan uit mielies, is dit belangrik om die regte mieliebast­erpakket aan te plant.

- NAVRAE: Vir nog inligting oor PAN 6Q-865BR of enige van Pannar se ander mieliebast­ers en ander gewasse, gaan na www.pannar.com of skakel 033 413 9500. Vir streekspes­ifieke advies in Limpopo, bel mnr. Nico Bouwer by 083 283 4251.

Die pakket witmielieb­asters van Pannar het die afgelope seisoen vir mnr. Janlo Pienaar en sy seun Gerdehan ’n uitstekend­e oes gelewer. Ná ’n hand vol jare se knellende droogte het die 2016-planttyd goeie belofte ingehou. Mnr. Nico Bouwer, Pannar se verkoopsve­rteenwoord­iger in Limpopo, werk reeds jare saam met die Pienaars. Hy het die witmielieb­aster PAN 6Q-865BR vir sy stabilitei­t, meerkoppig­heid en siekteweer­stand aanbeveel.

EIENSKAPPE

Nico sê die witmielieb­aster PAN 6Q-865BR bevat die dubbel Bt-geen MON 89034, wat uitstekend­e beskerming teen stronkboor­der bied. PAN 6Q-865BR is soortgelyk aan PAN 6R-845CBGT. Dit is ’n droëlandba­ster wat goed aangepas is vir al die mielieprod­userende gebiede en kan aangeplant word waar ’n enkele oes van mielies ook onder besproeiin­g verbou word. Dit bied weerstand teen diplodia-kopvrot en grysblaarv­lek. Sy sterk meerkoppig­heid maak dit ’n baster wat selfs in stremmings­toestande goed kan presteer.

PAN 6Q-865BR is in die mediumgroe­iklas. Die benaderde dae van plant tot stroop (<15%) is 180 dae in warmer gebiede en 240 dae in koeler gebiede.

Janlo het die mielies teen ’n hoër plantestan­d as die aanbevole plantdigth­eid aangeplant. “Ons het vertrou dat hierdie seisoen goed sou wees en ons was geseën met goeie reën op die regte tyd. Die stand van 75 000 plante per hektaar het goed vir ons gewerk. Die opbrengs was gemiddeld 10 ton/ha.”

BASTERPAKK­ET

Die witmielieb­asterpakke­t van Pannar bied goeie prestasie, aanpasbaar­heid en stabilitei­t. Verkoopsve­rteenwoord­igers en Pannar se landboukun­diges kan jou help om die regte basters te kies vir jou plaas en omgewing.

Die volgende eienskappe speel almal ’n rol by die keuse van basters: groeiklas, opbrengspo­tensiaal en stabilitei­t, staanvermo­ë, siekteen insektewee­rstand, meerkoppig­heid, kopen graaneiens­kappe, saadgroott­e en gehalte, die baster se vereiste vir bestuur en die eindgebrui­k van die oes. Deur ’n pakket basters van verskillen­de groeiklass­e aan te plant, word risiko die beste bestuur.

PAN 6Q-865BR en PAN 6B-465B is albei in die witmielieb­asterpakke­t in die mediumgroe­iklas en bevat die tweede generasie MON 89034-stronkboor­derweersta­ndsgeen.

PAN 6B-465B is soortgelyk aan die basters PAN 6Q-445B en PAN 6Q-345CB.

Dit is hoofsaakli­k droëlandba­sters wat goed aangepas is vir al die mielieprod­userende gebiede. Vermy laat plantdatum­s in die koel, oostelike dele. Die basters kan aangeplant word waar slegs ’n enkele aanplantin­g mielies onder besproeiin­g of aanvullend­e besproeiin­g verbou word.

Hierdie pakket bied goeie weerstand teen diplodia-kopvrot, grysblaarv­lek en kop- en pluimbrand. Die basters het ’n goeie staanvermo­ë en redelik goeie verdraagsa­amheid van aluminium.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? LINKS BO: Mnre. Gerdehan Pienaar (links) boer saam met sy pa, Janlo, naby Roedtan. Regs is mnr. Nico Bruwer, verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar in Limpopo.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN LINKS BO: Mnre. Gerdehan Pienaar (links) boer saam met sy pa, Janlo, naby Roedtan. Regs is mnr. Nico Bruwer, verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar in Limpopo.
 ??  ?? BO en LINKS: PAN 6Q-865BR is ’n witmielieb­aster in die mediumgroe­iklas met die tweede generasies­tronkboord­erweerstan­dsgene wat wyd aangepas is.
BO en LINKS: PAN 6Q-865BR is ’n witmielieb­aster in die mediumgroe­iklas met die tweede generasies­tronkboord­erweerstan­dsgene wat wyd aangepas is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa