WATTER TEGNOLOGIE BESKOU JY AS ONONTBEERLIK?
Kommunikasietegnologie. Ons het ’n interne WiFi- en internetstelsel wat dinge baie vereenvoudig het. Ons beoog selfs om gratis WiFi vir die werkers in hul eetsaal te verskaf. Ons het ook ons plaasradio’s weggegooi, want selfone en toepassings, soos WhatsApp, is baie nuttiger. Dit het ’n klomp stelsels vereenvoudig en versnel die vloei en verbeter die akkuraatheid van inligting.