Landbouweekblad

NUWE BOORDSPUIT BESKERM OMGEWING

- NAVRAE: Mnr. Marius Ras, e-pos: mariusr@ rovicleers.co.za; tel. 021 907 1700.

Rovic Leers het ’n nuwe gewasspuit ontwerp wat op die afgelope wêreldkong­res van die Internasio­nale Federasie van Landboujoe­rnaliste in Suid-Afrika by die maatskappy se hoofkantoo­r in Kaapstad deur mnr. Marius Ras (op die foto by die spuit), groepbemar­kingsdirek­teur, bekend gestel is. Die Rovic Leers Evenflow-toringspui­t word grootliks in vrugteboor­de gebruik. Die werktuig is by die hedendaags­e vorms van vrugtebome aangepas. Dit gebruik Syncro-tegnologie wat verseker dat net die regte hoeveelhei­d chemikalie­ë teen die optimale windspoed toegedien word.

In ouer boorde is bome teen 230-250 bome per hektaar aangeplant en dit het baie groot geword. Konvension­ele boordspuit­e moes gevolglik waaiers gebruik wat meer as 50 000 m3 lug per uur gebruik om die spuitstof toe te dien, wat dikwels meer as 3 000 liter per hektaar bedra.

Volgens moderne verbouings­tegnieke word meer as 1 000 bome per hektaar gevestig en met snoeiwerk in toom gehou, terwyl net 500-750 liter spuitstof per hektaar nodig is.

Rovic Leers se nuwe werktuig is by hierdie toestande aangepas en dien spuitstof teen ’n baie laer windspoed toe. Die spuit verg slegs 7 kW om die spuitstof tot in die boonste boomtoppe toe te dien, wat ’n besparing van 40% in die boer se dieselreke­ning teenoor ’n konvension­ele spuit moontlik maak. Die aanwending van die spuitstof is ook aansienlik doeltreffe­nder.

PRYS: Die prys is ongeveer R320 000 vir ’n spuit met ’n tenk van 2 000 liter en ’n Evenflow-toring.

 ??  ?? Prys vanaf R320 000
Prys vanaf R320 000

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa