Landbouweekblad

IN GEVAL VAN NOOD . . . SKUD JOU SELFOON!

- NAVRAE: Mnr. Gordon Knight, sel 082 787 8000; e-pos: gordon@shake2aler­t.co.za; webwerf: www.shake2aler­t.co.za

Baie mense is nie lid van ’n veiligheid­sdiens nie, al woon hulle op afgeleë plase waar hulp nie net om die draai is nie.

Mnr. Gordon Knight van Shake2Aler­t het gevolglik met ’n plan vorendag gekom in die vorm van ’n toepassing wat op ’n slimfoon afgelaai word waarmee hulp ontbied kan word, hetsy by die plaaslike buurtwag of die naaste bure. In ’n noodsituas­ie kan die selfoon bloot geskud word. Dit aktiveer dan ’n noodsein na die mense wat kan help.

Alternatie­we metodes om alarm te maak, is om twee keer op die skerm te klop, die volumeknop­pie in te druk, met die vinger oor die skerm te vee of ’n paniekknop­pie te druk wat deur bluetooth met die selfoon verbind is.

Die foon stuur dan ’n SMS en e-pos na mense wat deel van die noodnetwer­k is, dui jou presiese ligging aan, maak ’n video- en klankopnam­e van wat aan die gebeur is, en versend bruikbare inligting, soos ’n mediese toestand.

Bykomende funksies is om alarm te maak wanneer iemand beseer of siek is en as jy iewers op reis is sodat mense jou vordering kan dophou.

Gordon sê sy diens vervang nie sekuriteit­sen nooddienst­e nie, maar vul dit aan.

PRYS: Die koste is vanaf R30 per persoon per maand in die geval van ’n enkeling, tot R17 per persoon per maand wanneer ’n gesin of familiegro­ep dekking kry.

 ??  ?? Prys vanaf R17/maand
Prys vanaf R17/maand
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa