Landbouweekblad

Klapper-en-perskepoed­ing met roomstroop

-

Jy kan die perskewigg­ies met ander vrugte van jou keuse vervang. Vye, bessies, geposjeerd­e appel of -peer werk ook lekker.

30 ml botter 250 ml suiker

2 eiers 125 ml melk 250 ml bruismeel 180 ml klapper Knippie sout 1 blik (420 g) perskeskyw­e in stroop, gedreineer (behou die stroop uit die blikkie)

Sous

100 ml perskestro­op (uit die blikkie) 180 ml ingedampte melk of room 250 ml suiker 5 ml karamelgeu­rsel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n tertbord van 30 cm. Verroom die botter en suiker goed saam. Voeg die eiers en melk by en klits goed. Sif die bruismeel daaroor en voeg die klapper en sout by. Meng goed. Giet die beslag in ’n gesmeerde tertbak en rangskik die perskeskyw­e bo-op. Bak vir 40-45 minute tot goudbruin en gaar. Terwyl die tert bak, maak die sous: Verhit die perskestro­op, ingedampte melk of room en suiker saam tot die suiker gesmelt het. Laat die mengsel kookpunt bereik en verwyder van die hitte. Voeg die karamelgeu­rsel by en roer deur. Giet die kokende sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom en laat staan om in te trek. Sit dit voor met vla, room of roomys. Lewer 10 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa