Landbouweekblad

’NSPANWAT SAAMSTAAN

Japie en Margery van Reenen glo aan uithou en vorentoe kyk. Daarvan getuig hul lewe en die plaasbakke­ry en koffiewink­el by Harrismith wat hulle ondanks groot uitdagings op die been gebring het.

-

Net buite Harrismith staan ’n ou koöperasie wat Japie en Margery 11 jaar gelede oorgeneem het. Hulle het ’n bakkery in die ou skuur opgebou en later ook ’n koffiewink­el, Marne’s, op die dorp oopgemaak waar hul gebak geniet kan word. Japie het lank in die landboubed­ryf gewerk, maar nadat hul seun Hannes (toe 25 jaar oud) vier jaar gelede in ’n ernstige motorongel­uk was, het hy heeltyds saam met Margery by die besigheid betrokke geraak sodat hy kon help om Hannes te versorg.

“Sy ongeluk het ons lewe onherroepl­ik verander. Skielik het jy weer ’n baba in die huis wat niks vir homself kan doen nie,” vertel Japie van die moeilike pad wat hulle sedert die ongeluk stap.

En toe, ’n paar maande gelede, tref nog ’n swaar slag die Van Reenens. ’n Breinaneur­isme eis die lewe van hul aanstaande skoonseun, Gawie Theron, kort voor sy troue met hul dogter, Corné.

“’n Mens kan nie in sak en as gaan sit nie, al voel jy soms daarna. Die lewe gaan aan. Ons bly staan en kyk vorentoe, met die genade van Bo,” sê Japie, terwyl Margery byvoeg: “Vandag kook ons vir Gawie, wat so lief was vir lekker kos en om hier by my in die kombuis te kuier. Dit is wat hy sou wou gehad het.”

 ??  ?? Elma Postma (agter), aanbieder van Plaaskombu­is op Via (DStv-kanaal 147) by, van links, Hannes, Japie en Margery van Reenen.
Elma Postma (agter), aanbieder van Plaaskombu­is op Via (DStv-kanaal 147) by, van links, Hannes, Japie en Margery van Reenen.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa