Landbouweekblad

50 JAAR GELEDE

-

Uit: Die Landbouwee­kblad, 20 Junie 1967

BOERE BOU ’N WEESHUIS

Op ’n plaas in die omgewing van Kafferskra­al, Wes-Transvaal, is ’n weeshuis wat seker die enigste in sy soort in die land is. Die bestuursko­mitee bestaan net uit boere, want dit is immers boere wat die weeshuis opgerig het en dit in stand hou.

Die idee van ’n weeshuis op ’n plaas het ontstaan by mnr. T.J. Hugo, hoof van die plaasskool Saambou, waar die weeshuiski­nders nou ook skoolgaan. Hy het gemeen ’n plaasweesh­uis met sy landelike atmosfeer behoort vir ouerlose kinders voordelige­r te wees as die onpersoonl­ike verblyf in die stede.

Die plan het goed byval by die boere in die omgewing gevind. Mnr. Heine Schulenbur­g, ’n beesboer van Kafferskra­al, het ’n plaashuis as tydelike blyplek vir die kinders geskenk.

Op 6 April 1959 is die weeshuis geregistre­er en in die eerste jaar het die boere self al die koste gedra. Die kinders het spoedig meer geword en die huis moes vergroot word — en weer het die boere die materiaal geskenk en die bouwerk gedoen.

In 1963 is ’n nuwe gebou opgerig op grond wat deur die bestuur vir dié doel aangekoop is. Vandag huisves die weeshuis, bekend as die Lushof-kinderhuis, 60 kinders, onder wie babas, uit alle dele van die land.

Die kinders word geleer om in die landbou belang te stel. Die seuns sien om na ’n mielieland en groentetui­n en die meisies versorg die hoenders en blomtuin.

 ??  ?? Die netjiese plaasweesh­uis by Kafferskra­al.
Die netjiese plaasweesh­uis by Kafferskra­al.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa