Landbouweekblad

Is jou volgende bakkie ’n Boarding?

’n Paar verstellin­gs is pas gemaak aan die 2,8 liter-enjin van die Chinese werksdonki­e die JMC Boarding, en daarom het Albertus van Wyk ’n Vrystaatse draai met hom gegooi.

-

Ek het onlangs die voorreg gehad om in ’n JMC (Jiangling Motors Co Ltd) Boarding, ’n enkelkajui­t-4x2-bakkie, Nampo toe en terug te ry vanaf Johannesbu­rg. JMC het die bakkie aan my geleen omdat hy die 2,8 literdiese­l tur bo-enjin opgeknap het omte voldoen aan Euro I V-uitlaatgas standaarde.

Dié “nuwe” model kan jy deesdae koop by jou naaste JMC-handelaar, wat nogal ver kan wees, maar meer daaroor later.

EKSKUUS TOG, ISUZU?

Ek sê “voorreg” omdat dit amper ’n nostalgies­e terugreis was na ’n tyd 20 jaar gelede toe ’n bakkie nog ’n bakkie was – ’n raserige, stamperige ding van yster, staal, blik en tyres wat op ’n sinkplaatp­ad rondgespri­ng het soos ’n kroegmeisi­e in ’n besige biertuin.

Met die verstommen­de verbeterin­g in min of meer elke stukkie tegnologie in bakkies deesdae–enjins, vering, remme en elektronie­se bestuur s ondersteun­ende tegnologie­ë– is bakkies letterlik min of meer ’n ruimte-eeu verwyder van wat ons destyds gehad het, en juis daarom het ek dit geniet.

JMC het wel ’n bakkiemode­l wat in die fênsie “nuwe-bakkie”-sektor meeding – die Vigus – maar die Boarding is JMC se werksdonki­e. As jy so groot boer dat die bekende landbou-TV-program jou boerdery kom verfilm, kan jy daarna verwys as eerder ’n “voormanbak­kie” as ’n “vakansieba­kkie”.

Ons het al vergeet hoeveel kleiner bakkies se bakwerk eens was – op Nampo se parkeerter­rein het die Boarding soos ’n bouer se ou Isuzu uit ’n ander eeu gelyk tussen al die bonkige Japannese en Duitse dubbelkaju­ite.

En dis nie vreemd nie, want essensieel ís dit ’n Isuzu uit ’n ander eeu. Dis ’n ope geheim dat dit ’n replika is van Isuzu se legendarie­se KB280 DT uit die jare toe Cobus Wiese nog in ’n lynstaan kon spring. Trouens, Isuzu het op ’n kol sáám met JMC dié bakkies gebou.

HOE RY DIT?

Wat kan ’n mens dus oor ’n replika van ’n ou Isuzu-bakkie sê wat boere nie reeds weet nie? Werklik nie veel nie. Dis ’n bekende werksdonki­e wat reageer nes ’n werksdonki­e.

Om te sê die binneruim is spartaans, is waarskynli­k om te oordryf. Die sitposisie is beperk, die dak is laag en jy’t steeds net vyf ratte. Jy het darem elektries aangedrewe kantruite en ’n klankstels­el wat ’n CD kan speel en ’n USB- en ’n auxilliary-sok het.

Die enjin is steeds die ou 2.8, maar dis aansienlik verfyn om meer krag uit te stoot (88 kW en 245 N.m wringkrag) as die destydse Isuzu 2.8 (74 kW en 230 N.m).

Ek het nie kans gekry om die bakkie se verrigting met vrag op te beleef nie, maar op die oop pad kon hy gemaklik 140 km/h handhaaf sonder om veel spoed te verloor teen ’n opdraande.

Padhouverm­oë en bakrol was in die konteks van wat ’n mens deesdae aan gewoond was, naby aan beroerd, maar as ’n kind wat in die 1980’s leer bestuur het, het ek nooit in wesenlike gevaar gevoel nie.

IS DIT ’N WARE OPSIE?

Die vraag wat oor alle nuwe toetreders tot die mark gevra word, en wat eintlik net deur opnames en ervaring wat oor twee dekades strek beantwoord kan word, is of dié JMC-bakkies sal hou as hulle gestraf word. Deur ’n voorman.

’n Ander vraag, wat verwant is daaraan, is of jy eerder elke sewe jaar ’n Hilux sal koop (wat amper R100 000 duurder is as die Chinese bakkie en boonop slegs aan Euro I I-uitlaatgas standaarde voldoen ), of elke vier tot vyf jaar ’n Boarding – drie Boardings gaan jou min of meer dieselfde as twee Hilux’e kos.

Die antwoord daarop bly maar dieselfde as die antwoord oor die geskikthei­d van enige bakkie of trekker of ander werktuig wat versiening nodig het: Die koop is so goed soos die handelaar en sy tegnici by wie jy hom gekoop het.

En nou kom ons terug by die stelling dat jou naaste handelaar nogal ver kan wees. JMC het sowat 23 handelaars landwyd. Daarteenoo­r het Toyota het oor die 200 handelaars en Nissan het 119.

As jy my vra of ek hom sal koop, sal ek sê net as die handelaar op my tuisdorp is en saam met my in die kerkraad en skool se beheerraad dien, as ek sy tegnikus ken en vertrou en as die Japannese handelaar op die dorp se diens aansienlik slegter is. Met ander woorde: Nie sommer nie.

Nietemin jok ek nie as ek sê ek hou regtig van die bakkie nie.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Die Boarding is ’n Chinese langbakwer­ksdonkie wat eens ’n Japannese werksdonki­e was — die Isuzu KB280 DT.
ONDER: Spartaans sou ’n oordrywing wees. Die gevoel in die kajuit van die Boarding is nie een van duursaamhe­id en gemak nie.
BO: Die Boarding is ’n Chinese langbakwer­ksdonkie wat eens ’n Japannese werksdonki­e was — die Isuzu KB280 DT. ONDER: Spartaans sou ’n oordrywing wees. Die gevoel in die kajuit van die Boarding is nie een van duursaamhe­id en gemak nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa