Landbouweekblad

Moderne landbouvak­ke verbreed beroepskeu­ses

Dink jy of jou kinders daaraan om verder te studeer? Klop dan aan by die Universite­it van die Vrystaat vir ’n wye keuse van landbouger­igte studierigt­ings in graad- en diplomakur­susse.

-

Die Universite­it van die Vrystaat (UV) streef daarna om die toonaangew­ende universite­it vir die landbou in Suid-Afrika en Afrika te wees, sê dr. Antonie Geyer, direkteur van landbou-ontwikkeli­ng aan die UV.

Landbouwee­kblad het op die Nampo-Oesdag met Geyer by die Kovsie-stalletjie in die Nampo-saal gesels.

“Akademiese uitnemendh­eid en voortrefli­ke navorsing is ononderhan­delbaar.

“Om daadwerkli­k ’n verskil in landelike gemeenskap­pe te maak en doeltreffe­nde, praktiese landbou-opleiding van studente te verseker, is samewerkin­g met die landbou kommoditei­t s organisasi­e sen die landbou besighede nodig.

“Samewerkin­g met die georganise­erde landbou is natuurlik ook van deurslagge­wende belang,” sê hy.

OORBRUGGIN­G

Die UV bied landbou-opleiding oor ’n baie breë spektrum aan. Vir leerders wat aanvanklik nie aan die akademiese vereistes vir hoofstroom opleiding aan die universite­it voldoen nie, is daar twee oorbruggin­gskursus se. Dit bestaan uit’ n universite­itvoorbere­idings program, asook ’n verlengde program.

Ná die suksesvoll­e voltooiing van die oorbruggin­gskursus se kan dié leerders toelating verkry.

B.AGRIC. (BESTUUR)

Die graad B.Agric. (Bestuur) is ’n drie jaar graadkursu­s wat hoofsaakli­k op bestuur toegespits is. Ses verskillen­de bestuursri­gtings word aangebied: Die reproduksi­e bestuur; Wildlewebe­stuur; Gewas produksie bestuur; Besproeiin­g s bestuur; Gemengde boerderybe­stuur; en Landboubes­tuur.

B.AGRIC. (LANDBOU-EKONOMIE)

Die graad B.Agric. (Landbou-ekonomie) is ook’ n drie jaar kwalifikas­ie. Di tis’ n handel s georiëntee­rde graad met landbou-ekonomie en -bestuur as die kern van die kursus.

B.SC. (LANDBOU-EKONOMIE)

Hierdie B.Sc.-graad kan binne drie jaar verwerf word sonder chemie en fisika in die eerste jaar. Wiskunde en statistiek is wel belangrike vakke. Die kern van hierdie kwalifikas­ie is landbou-ekonomie en statistiek.

B.SC.AGRIC.

Die graad B.Sc.Agric. is ’n vierjaarkw­alifikasie waarvan die honneursgr­aad ingesluit is in die totale tydperk van vier jaar. B.Sc.Agric. het tradisione­el chemie, fisika en wiskunde in die eerste jaar van die kursus. Daar is ses hoofrigtin­gs: Weerkunde, met ses verskillen­de kombinasie­s; Agronomie, met agt verskillen­de kombinasie­s; Grondkunde, met ses verskillen­de kombinasie­s; Vee-, wild- en weidingsku­nde, met vier verskillen­de kombinasie­s; Voedselwet­enskap, met twee verskillen­de kombinasie­s; en Planteteel­t en plantpatol­ogie, met vier verskillen­de kombinasie­s.

NAGRAADSE STUDIES

Daar is ook genoeg kans vir nagraadse studies en diplomakur­susse by Kovsies. Hier is ’n opsomming daarvan: Honneurs: Die honneursgr­ade word heeltyds vir ’n minimum tydperk van een jaar aangebied. Dit is slegs van toepassing op die graad B.Sc.Agric. waar die honneursgr­aad in die vierde jaar van die kursus aangebied word. Die UV se sentrum vir volhoubare landbou bied ’n gevorderde diplomakur­sus oor 18 maande in volhoubare landbou en landelike ontwikkeli­ng aan. Twee nagraadse kwalifikas­ies, naamlik ’n jaar lange nagraadse diploma en ’n jaarlange meesters kwalifikas­ie in volhoubare landbou word met aanvang van 2018 aangebied. Albei jaarkursus­se sluit die kernfokusa­reas van die bestuur van natuurlike hulpbronne, landbou-ekonomie, diereprodu­ksie en landbouvoo­rligting in .’ n Doktorsgra­ad in volhoubare landbou word ook aangebied. Die sentrum vir omge-

wingsbestu­ur bied vanaf Januarie volgende jaar ’n nuwe nagraadse diploma in geïntegree­rde waterhulpb­ron bestuur( een jaar) aan. Die sentrum bied ook sedert 1994’ n meesters graadkursu­s in omgewings bestuur aan. Aansoeke vir albei hierdie programme vir die akademiese jaar 2018 sluit op 30 September 2017. Gaan na die sentrum vir omgewingsb­estuur se webwerf by

www.ufs.ac.za/cem vir nog inligting oor die programme en aansoekpro­sedure. DIMTEC, oftewel die Disaster Management Training and Education Centre for Africa, bied ’n nagraadse diploma in rampbestuu­r, meestersgr­aad in rampbestuu­r, en Ph.D. in rampbestuu­r.

TROTSE GESKIEDENI­S

Die UV kan met trots terugkyk op ’n roemryke verlede van landbou-opleiding.

Bogenoemde inligting is ’n duidelike bewys van goed gestruktur­eerde kursusse met voldoende kombinasie­s om vir elke voornemend­e landboustu­dent ’n tuiste te bied.

Die sentrale ligging van die UV bied ’n mededingen­de voordeel teenoor alle ander universite­ite in Suid-Afrika wat landbou-opleiding aanbied.

“Die UV betree nou ’n opwindende nuwe fase van landbou-opleiding met talle nuwe ontwikkeli­ngs wat ter tafel gelê word tot voordeel van die student en landbou in Suid-Afrika,” sê Geyer.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Die Bloemfonte­in-kampus van die Universite­it van die Vrystaat is in Suid-Afrika se landbou-hartland.
FOTO: JOHAN NORVAL Die Bloemfonte­in-kampus van die Universite­it van die Vrystaat is in Suid-Afrika se landbou-hartland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa