Landbouweekblad

Nuwe e-landboukol­lege op die horison

’n Nuwe aan lyn-opleiding s platform kan binnekort help om’ n nuwe geslag landbouers in Afrika op te lei. Dié virtuele kollege geniet die ondersteun­ing van talle boere en landbou-organisasi­es.

-

Daar is ’n ernstige tekort aan goed opgeleide personeel wat die landbou- en landbouver­wante bedrywe betree, waaronder plaasbestu­urder s, afdelingsb­estuurders en verkoop s personeel.

Die tekort aan behoorlik opgeleide personeel in die landbousek­tor hou ’n groot risiko vir voedselsek­erheid in Afrika in, sê mnr. Howard Blight, ’n boer en entreprene­ur van die Tzaneenomg­ewing in Limpopo. Howard is ook die voorsitter en stigter van Agricolleg­es Internatio­nal, wat onlangs in Johannesbu­rg bekend gestel is.

“Afrika se onderwysse­ktor misluk daarin om die volgende geslag landbouers en landboukun­diges in voldoende getalle op te lei. Al hoe minder jong mense stel in die landbou as loopbaan belang,” sê Howard.

Agricolleg­es Internatio­nal is ’n moderne, wolkgebase­erde e-leerinstel­ling. Dit gebruik Desire2Lea­rn (D2L) s eB rig h t spa c e-leer bestuur s program om studente van bekostigba­re, toeganklik­e en bedryfsver­wante kursusmate­riaal te voorsien.

Hierdie nuwe poging om landbou-opleiding en -onderrig aan meer mense beskikbaar te stel, word deur kundige sakelui en boere ondersteun. Aan die hoof staan Howard as voorsitter. Hy was onder meer die eerste voorsitter van die onafhankli­ke spogkossko­ol Stanford Lake College naby Haenertsbu­rg in Limpopo. Hy het 45 jaar lank in die Tzaneen-omgewing geboer en bedryf nou sy eie kweekhuis waar hy subtropies­e gewasse kweek.

As ’n landboukun­dige konsultant, skrywer en sakeman is hy oortuig van die noodsaakli­kheid van ’n leerinstel­ling, soos Agricolleg­es Internatio­nal. Hy meen die talle landbouver­wante loopbaanop­sies en nuwe tegnologie behoort ’n trekpleist­er te wees.

“Dit is ’n tegnologie­s gevorderde bedryf. Deur Agricolleg­es Internatio­nal se kursusse wil ons talentvoll­e jong mense lok om ’n volhoubare toekoms vir ons almal te verseker.”

Van die ander lede wat in die raad van Agricolleg­es Internatio­nal dien, is mnr. Wynand Espach, ondervoors­itter, wat ’n ervare sakeman en boer is. Hy is ’n voormalige voorsitter van die Politsival­lei-boereveren­iging. Wynand is die bestuurder van die Amorentia-landgoed en werk as tuinboukun­dige konsultant.

Twee nie-uitvoerend­e raadslede is mnre. Milaan Thalwitzer, voorsitter van Bosveld Sitrus, en Philé van Zyl, ’n direkteur van die Z Z 2- boerdery ondernemin­g.

ENIGE PLEK IN AFRIKA

“Ons sal studente uit alle vlakke van die samelewing die geleenthei­d bied tot toegang of voortsetti­ng van hul opleiding in die landbou wetenskapp­e. Dit begin in Suid-Afrika, maar van volgende jaar sal ons dieselfde programme in ander Afrika-lande bekend stel,” sê Howard.

“Daar is ’n groot behoefte aan bekostigba­re, tersiêre landbou-onderrig van topgehalte in Suid-Afrika, Afrika en die res van die ontwikkele­nde wêreld. Sommige universite­ite in Suid-Afrika moet jaarliks duisende studente wegwys weens ’n gebrek aan geriewe. Dit is ook waar dat van universite­ite verwag word om meer swak voorbereid­e studente met swak hulpbronne te huisves, met al hoe minder hulpmiddel­s om dit te doen.

“Diploma vlak kursusse sal in die behoefte van die bedryf voorsien om jong, kundige landboutal­ent te ontwikkel. En ons kan dit teen ’n bekostigba­re prys van minder as R29 000 per jaar bied,” sê Howard.

KORTER KURSUSSE

Verskeie sentrums van uitnemendh­eid sal in Suid-Afrika gevestig word. Daar sal studente praktiese kennis opdoen.

“Daar is ’n groot vraag na kortkursus­se in boerdery in die landbou- en verwante bedrywe. Agricolleg­es Internatio­nal se kortkursus­se sal aan bestaande boere en werknemers in die bedryf verdere kwalifikas­ies bied.”

Agricolleg­es Internatio­nal het ’n strategies­e alliansie met die Universite­it Stellenbos­ch gesmee deur ’n formele samewerkin­gsooreenko­ms. Die universite­it sal al die finale kursusmate­riaal goedkeur.

Agricolleg­es Internatio­nal is besig om die leerinstel­ling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys (Wet 101 van 1997) te registreer.

 ??  ?? Mnr. Howard Blight, voorsitter en stigter van Agricolleg­es Internatio­nal.
Mnr. Howard Blight, voorsitter en stigter van Agricolleg­es Internatio­nal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa