Landbouweekblad

Kersie-clafouti

-

Hierdie maklike clafouti is ’n resep van Maretha de Kock van die plaas Dunelm

naby Clarens. Dit kan as nagereg of met teetyd bedien word. Jy kan ook ander vrugte inspan wanneer kersies nie beskikbaar­is nie, of jy kan ingelegde kersies gebruik.

300 g ontpitte kersies

Eerste mengsel

210 ml koekmeel 200 ml suiker 2 eiers 5 ml bakpoeier 30 ml melk 15 ml olie Knippie sout 5 ml vanieljege­ursel

Tweede mengsel

150 ml suiker 150 g sagte botter 2 eiers

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n losboom-veerklampp­an van 20 cm met botter. Rangskik die kersies onder-in die pan. Klits al die bestanddel­e vir die eerste mengsel saam en giet so egalig as moontlik oor die kersies. Klits al die bestanddel­e vir die tweede mengsel

saam in ’n ander bak en skep dit oor die eerste mengsel. Bak vir ongeveer 40 minute of tot ’n toetspen skoon uit die koek kom. Laat effens afkoel en plaas op ’n opdienbord. Sit louwarm of teen kamertempe­ratuur voor met skinkroom of roomys. Lewer 1 middelslag-clafouti.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa