Landbouweekblad

MALVAPOEDI­NG

-

Beslag

2 eiers 250 ml suiker 45 ml asyn 30 ml appelkoosk­onfyt 500 ml koekmeel 10 ml bakpoeier Knippie sout 10 ml koeksoda 500 ml melk

Sous

500 ml suiker 500 ml melk 125 g botter 250 ml water 5 ml vanieljege­ursel Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak (of 68 individuel­e bakkies) met botter of spuit met kleefweren­de kossproei. Klits die eiers en suiker goed saam tot lig en dik. Voeg die asyn en appelkoosk­onfyt by, meng deur en voeg daarna die koekmeel, bakpoeier en sout by. Los die koeksoda in die melk op en voeg dit ook by. Klits tot ’n gladde beslag. Giet die beslag in die voorbereid­e oondbak (of bakkies) en bak vir ongeveer 30 minute (’n bietjie korter vir individuel­e poedings) tot deurgaar. Verhit intussen al die bestanddel­e vir die stroop saam tot kookpunt. Giet die kokende stroop oor die poeding(s) sodra dit uit die oond kom. Sit warm voor met vla en roomys. Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa