Landbouweekblad

INVOERBEPE­RKINGS KNOU KOUVOËLTEL­ERS

- — JOHAN NORVAL

Die verbod op die internasio­nale handel van die Afrika-rooistertp­apegaai (African Grey) het die afgelope jaar ’n beduidende demper op die plaaslike kouvoëlmar­k gehad. Dit volg ná die besluit van die konvensie oor internasio­nale handel in bedreigde spesies (Cites) op verlede jaar se COPS17-beraad om die beskerming­svlak van dié voëlsoort van bylaag 2 tot bylaag 1 te verander.

Suid-Afrika se sowat 100 000 broeivoëls van sowat 1 600 geregistre­erde rooistertp­apegaaitel­ers lewer jaarliks meer as 65 000 hokgeteeld­e kuikens in streng beheerde toestande. Die meeste daarvan is in die verlede in die Verre- en die Midde-Ooste verkoop. Sowat 5 000 hokgeteeld­e kuikens word jaarliks vir broeidoele­indes teruggehou.

Volgens mnr. Hennie Diederichs, ’n Vrystaatse boer wat in 2006 daarin geslaag het om rooi African Greys op sy plaas in die distrik Koppies te teel, beleef hy wisselende welslae met die verskillen­de papegaaiso­orte in sy besit.

Die plaaslike verhandeli­ng van vinksoorte verloop egter flink met die vraag wat die aanbod oorskry.

Dr. Jaco Gericke, voorsitter van die Rosestad-voëlklub in Bloemfonte­in, sê plaaslike telers gee hoofsaakli­k aandag aan die mutasies van sebravinke en reënboogvi­nke (Erythrura gouldiae). In die algemeen hou telers Australies­e, Suid-Amerikaans­e en Afrikasoor­te aan, maar daar is wel vinksoorte in Indië en Suidoos-Asië. Volgens Gericke het die swak wisselkoer­s vinke uit Europa betreklik onbekostig­baar gemaak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa