Landbouweekblad

GROOT VRAAG NA GROENTESAA­ILINGE

- — JOHAN VAN DER MERWE

Die vraag na groentesaa­ilinge beleef tans ’n noemenswaa­rdige toename vanweë die goeie reën wat in die noorde van Suid-Afrika geval het. Volgens mnr. Shaun Biggs van Sutherland Seedlings in KwaZulu-Natal speel die goeie pryse wat die meeste groente tans op die mark behaal, ook ’n rol in die hoër vraag na saailinge.

“Ons verwag egter dat die laer prys van mielies oor die volgende 12 maande ook die prys van groente sal laat daal. Talle boere spekuleer ook met groente, maar grond hul besluite op die huidige prys en hou nie daarmee tred dat hul produk eers oor 90 of 120 dae op die mark sal wees nie. Dit maak dit moeilik om te voorspel wat die prys van groente gaan wees en watter uitwerking dit op die beskikbaar­heid van saailinge sal hê.

“Die gehalte van saailinge lyk egter landwyd goed. Die droër weer in die noorde in Maart, April en Mei het meegebring dat saailinge uitstekend is,” sê Biggs.

Mnr. Davydd Jenkins van die saailingve­rskaffer Plantforum in Pretoria stem saam, maar waarsku dat die tamatiebla­dmynerviru­s groot skade kan aanrig as ’n doeltreffe­nde spuitprogr­am nie gevolg word nie. “In die kwekerye is dit nie ’n wesenlike probleem nie omdat kwekerye makliker die plaag kan bestry. Daar is egter vrese dat weerstand teen middels kan ontwikkel, wat die kleinboere die hardste sal tref.” Volgens Biggs is Brassica-verdwergin­gsiekte (BSD) steeds ’n groot probleem vir die koolbedryf, maar dit bedreig nie kwekerye nie. “Die siekte kan beperk word deur die vektore wat dit oordra, te bekamp, maar ons vind steeds dat baie boere onbewus is daarvan.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa