Landbouweekblad

BUFFELPRYS­E VERRAS STEEDS

- FOTO: LBW-ARGIEF — JASPER RAATS

Pryse vir kleurvaria­nte en skaars wild, soos swartwitpe­nse en bastergems­bokke, het soveel verlangsaa­m as wat dit waarskynli­k gaan doen, sê mnr. Brandon Leer, wildafslae­r. Tog verras buffelprys­e hom steeds, sê hy.

Leer sê diere met besonderse eienskappe behaal steeds goeie pryse op veilings, soos die njala met horings van 31 duim wat op die onlangse Classic Game Breeders-veiling by die Carousel naby Pretoria teen R500 000 verkoop is. ’n Koedoebul het R220 000 behaal en ’n gekruiste Zambiese swartwitpe­nsbul R320 000. Dragtige buffelkoei­e het gemiddeld R206 000 stuk behaal en ’n Oos-Afrikabul is teen R300 000 verkoop. Leer sê selfs dié pryse is aansienlik laer as wat kopers verlede jaar bereid was om te betaal. Hy wys daarop dat daar nou so baie wild op veilings aangebied word dat kopers nie sommer hand opsteek vir enigiets meer as ’n winskoop nie. “Die kopers se houding is dat daar volgende week nóg ’n veiling sal wees.”

Hy sê dit is nou ’n kopersmark en raai wildboere aan om hul balansstat­e teen die huidige wildpryse te laat klop pleks daarvan om veilings te kanselleer. “Kopers meen hulle moes uithaal en wys toe die pryse hoog was en verkopers was maar te bly om hul geld te vat. Noudat pryse laag is, meen kopers dieselfde telers wat geglimlag het toe dit ’n verkopersm­ark was, wil nie meer met hulle sake doen nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa