Landbouweekblad

KLERKSDORP / SIMBRA / R240 000

-

Die gesamentli­ke veiling van die Simbra-stoeterye JacMar en Stefmar op Klerksdorp het goeie pryse opgelewer. Die bul FM14 194 (op foto) van Stefmar is teen die hoogste prys van R240 000 verkoop. Die bul is deur mnr. Jaco Maree van die JacMar-stoetery gekoop. Altesame 19 bulle is teen gemiddeld R62 421 stuk verkoop. Koeie met kalwers is teen gemiddeld R26 664 verkoop. Die duurste koei (DNA 10 154) met ’n verskalf (FM16 63, ook van Stefmar) is teen die hoogste prys van R70 000 aan mnr. H.L. Muller van Lindley verkoop. Altesame 60 strooitjie­s semen van die bul Groenkol Jackson is teen gemiddeld R950 stuk verkoop. Die veiling is gesamentli­k deur SHM Afslaers en Karoo Ochse Vryburg aangebied en mnr. Johan van der Nest was die afslaer.

 ??  ?? VEILING VAN DIE WEEK
VEILING VAN DIE WEEK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa