Landbouweekblad

BOTHAVILLE / BRANGUS / R21 000

-

Puik teelmateri­aal is op die eerste produksiev­eiling van die stoetery Redfield Brangus op die plaas Driehoek, Bothaville, aangebied. Die duurste koei met kalf is teen R21 000 aan mnr. Sakkie Knoetze van Makwassie verkoop. Knoetze het ook die duurste dragtige stoetkoei teen R13 500 en die duurste koei (3-in-1) teen R19 500 gekoop. Koeie met kalwers het gemiddeld R16 666 behaal, dragtige stoetkoeie gemiddeld R12 071 stuk en koeie (3-in-1) gemiddeld R18 000. Die duurste dragtige kommersiël­e koei is deur mnr. Erpre Jansen van Vuuren van Bothaville teen R12 500 gekoop. Die veiling is deur BKBLouwid Kroonstad aangebied en mnr. Jan Mostert was die afslaer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa