Landbouweekblad

KROONSTAD / BRAHMAN / R80 000

-

Twee lotte, ’n stoetbul en ’n stoetkoei met kalf, is op die Sale of the Grey-veiling op Kroonstad teen die hoogste prys van R80 000 per lot opgeraap. Mnr. Johan Karsten van Groblersho­op het die duurste bul (BOS 08 231, op foto) op die veiling gekoop. Bulle het gemiddeld R64 000 stuk behaal en verse gemiddeld R28 408 stuk. Mnr. Schalk Burger van Pretoria het die hoogste prys van R80 000 vir die koei BOS 11 324 met ’n bulkalf betaal. Mnr. Darrel van der Westhuizen van Botswana het die hoogste prys van R75 000 vir die vers BOS 14 267 betaal. Altesaam 12 koeie met kalwers is teen gemiddeld R30 500 verkoop. Strooitjie­s semen het gemiddeld R717 stuk behaal. Die veiling is deur SHM Afslaers aangebied en mnr. Johan van die Nest was die afslaer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa