Landbouweekblad

Ma-en-dogter-span laat troues blom

Nie een troue se blomme lyk dieselfde nie, vertel Zormay Botes, en dit is omtrent ’n spanpoging om groot blommerang­skikkings in die Karoo aan te pak.

-

Hoe het Blommevrou se Kind ontstaan?

My ma, Nelmarie Swiegers, lewer al langer as 20 jaar blomme by die tuisnywerh­eid op Oudtshoorn. ’n Skoolvrien­din se ma het my ma gevra om haar ouer dogter se troublomme doen, want dié sou glo met niemand anders kon regkom nie. My ma het ingestem en ek het gehelp. Die gogga het dadelik gebyt! Aangesien almal op die dorp my ma geken het as “die blommevrou”, was ek natuurlik die blommevrou se kind.

Wat maak die rangskikki­ngs spesiaal?

Nie een troue se blomme lyk dieselfde nie en elke bruid het ander idees. Dit is iets wat veral troues spesiaal maak, want jy stap ’n pad saam met elke bruid om haar visie in die blomme vas te vang. Boonop is elke liewe blommerang­skiking in die Karoo ekstra spesiaal, want dit is so baie moeite om die blomme tot hier te kry!

Waar kom die blomme vandaan?

Ons kry letterlik van oral af blomme. Ons het ’n kontak op George wat vir ons by die mark in Johannesbu­rg blomme kry, my ma het ’n blomboer-vriendin en ons het ook ’n lisensie om fynbos op my ouers se plaas in die Swartberge te pluk. Ongelukkig het die fynbos in Desember onder veldbrande deurgeloop. Daar het onlangs ’n oulike blomwinkel op Oudtshoorn oopgemaak en hulle het weer ander kontakte vir blomme. So tussen almal deur kry ons die blomme wat ons soek! Baie van die bruide en soms trougaste help ook om blomme in die hande te kry en van ver plekke af aan te ry. Dis omtrent ’n spanpoging.

Het julle ’n gunsteling-blomsoort of tipe rangskikki­ng?

Ek is dol daaroor om handruiker­s vir die bruide te maak en kies gewoontlik heel eerste die mooiste blomme daarvoor uit. Daar is gelukkig nie iets soos ’n lelike blom nie, maar my ma is dol oor rose en ek oor orgideë en proteas.

Werk julle goed saam as ma-endogter-span?

Ek en my ma is goeie vriendinne en werk goed saam. Sy het jare lange ondervindi­ng en kennis van blomme en ek het nuwe idees en vind maklik aanklank by jong bruide en hul visie. Ek hanteer die meeste van die bemarking en die administra­sie en my ma het oor die jare goeie kontakte en verhouding­s met verskaffer­s opgebou. As ons die blomme rangskik, doen ek gewoonlik die handruiker­s en los goedjies wat baie detail het en tyd kos. My ma kan baie vinnig werk en doen al die groot en reuserangs­kikings.

Wat was die beste raad wat jy al gekry het?

Moenie bang wees om nee te sê nie. Bly getrou aan jou persoonlik­e styl en standaarde, sodoende bou en lok jy jou droom-kliëntebas­is. As jy ’n nuwe ondernemin­g begin, voel jy dikwels verplig om almal te help, soms tot nadeel van jouself.

Wat was hoogtepunt­e tot dusver?

Dis altyd ’n hoogtepunt om ’n bruid se reaksie te sien as sy die eerste keer die blomme sien. Party het al begin huil en dan maak dit al die harde werk die moeite werd! Dit was ook ’n hoogtepunt om my eie troue se blomme te kon doen. My Weimaraner, Lea, was my strooimeis­ie en ek het vir haar ’n blommekran­s om die nek gesit, iets wat ek nog altyd wou doen. Sy het pragtig gelyk! NAVRAE: Zormay Botes, sel 072 534 0382; Nelmarie Swiegers 082 471 5351.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa