Landbouweekblad

Boere ‘moet altyd die ergste verwag’

-

BOERE moet altyd die ergste dinge verwag, want as hulle nie in hul pasoppens is nie, kan dit die einde van die boerdery beteken, het dr. Roger Cady, hoof van volhoubaar­heid van die Amerikaans­e suiwelmaat­skappy Elanco, op die tiende SA grootkudde­konferensi­e by die Champagne Sport-oord in die KwaZulu-Natalse Drakensber­g gesê.

Sy openingsle­sing het aangesluit by die tema van die konferensi­e, Volharding in die suiwelbedr­yf. Hy het gesê volharding is ’n noodsaakli­ke deel van volhoubaar­heid. Bedreiging­s vir ’n melkplaas is talryk en sluit ekonomiese, menslike, sosiale en politieke faktore, verlies aan hulpbronne, die weer en klimaat, asook siektes en plae in.

“Enigeen van hierdie bedreiging­s kan ’n einde aan die boerdery of besigheid bring as dit nie te alle tye te wagte is en verstaan word nie,” het Cady gesê.

Daarom moet die boer of bestuurder ag slaan op vyf oorkoepele­nde beginsels as hy of sy ’n bestuurder met volharding wil wees: Verwag dat die ergste kan gebeur; stel ’n plan op en stel dit in werking; beheer wat beheerbaar is en vergeet van die res; gee aandag aan sake wat die belangriks­te is wanneer dit aandag verg; en reik altyd na die onmoontlik­e droom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa