Landbouweekblad

Boereplan: Wielspuit vir akkurate gifplasing

Dié boerdery vervang rugbreek-onkruidver­wydering deur ’n wielspuit en rugsak waarmee gif direk op onkruid toegedien word – en keer dat gifsproei op avokadobom­e beland.

- NAVRAE: Mnr. Lourens Jooste, e-pos: lourens@allesbeste.com

By die Allesbeste-boerdery buite Tzaneen is daar ’n vindingryk­e manier ontwikkel om onkruid in die avokadoboo­rde te bestry sonder om die risiko te loop dat van die gif op die boompies beland. Die Ernst-familie, Suid-Afrikaanse voorlopers op die gebied van avokadonav­orsing en -ontwikkeli­ng, dra ook die kroon as Landbouskr­ywers SA se Boer van die Jaar (“Topboerder­y loop voor met avokadonav­orsing”, LBW, 24 Februarie 2017).

Mnr. Lourens Jooste, projekbest­uurder van dié boerdery, sê hulle het gesukkel om die onkruid wat teen die walle groei, te bestry, want hulle kon nie sommer net onkruiddod­er spuit nie. “Die risiko bestaan dat die onkruiddod­er op die mikroklone beland en hulle ook laat vrek.”

VEILIGE GIFSPOOR

Aanvanklik is onkruid met die hand uitgetrek en een werker kon net 1,5 rye van sowat 90 m per dag hanteer.

“Die uiteindeli­ke antwoord was ’n 16 liter-rugsak met ’n handvatsel en spuit wat die gif direk op ’n wiel laat val vir direkte toediening op die onkruid sonder dat sproei kan rondwaai.”

Die kern van die plan is ’n plaaslik vervaar-

digde gifspuit van R300 wat iemand maklik op die rug kan dra, saam met ’n pompie, handvatsel en stang waar die sproeier aan die punt met ’n drupspuit vervang is. Lourens noem dit die “mambatjie”.

Hy sê nadat hulle die idee van die wiel gekry het, het hy sommer ’n sketsie van sy eie plan gemaak. Met die hulp van die plaaslike Engelbrech­t-ingenieurs­werke het hulle die onkruiddod­erraam met ’n wiel ontwerp,

gebou en daarna in die boorde gaan toets.

“Dit was die enigste tipe wiel wat ons in Tzaneen kon vind. Die wiel is 20 cm in deursnee en dis omtrent reg, maar dit is net 4 cm breed. Ons sal graag wil kyk na ’n breër band. Die gif het ook ’n val van sowat 4 cm tot op die band en ons wil dit ook nog minder maak.”

Volgens hom kan een werker met ’n vol tenk onkruiddod­er oor sowat 5 rye van 90 m lank versprei.

NUWE ONTWIKKELI­NG

“Voorheen het ons ook met ’n ander “mambatjie”, ’n tenk wat op drie wiele gemonteer was, geëksperim­enteer, maar dit was te moeilik om dit in die boorde en teen die hellings te hanteer. Met die rugsak-montering kan vroue ook nou onkruidbes­tryding doen.”

Lourens sê ’n volgende ontwikkeli­ng kan wees om iets met ’n groter oppervlak, soos ’n kitskoffie­blik, as roller te gebruik saam met ’n paar drupspuite wat die roloppervl­ak nat kan hou. “Dan het ’n mens ook die voordeel dat modder nie sal vasklou soos nou soms met die rubberwiel­e die geval is nie. Ons dink maar oor wat ons nog kan beproef en enigeen is welkom om met nog planne en voorstelle te kom!”

 ??  ?? VAN LINKS NA REGS: Mnr. Fanie Muteta, werker by Allesbeste-boerdery, demonstree­r die onkruiddod­ertoestel waarmee die gifstof deur die wiel versprei word.
VAN LINKS NA REGS: Mnr. Fanie Muteta, werker by Allesbeste-boerdery, demonstree­r die onkruiddod­ertoestel waarmee die gifstof deur die wiel versprei word.
 ??  ?? Die onruiddode­r word op die wiel gedrup en só versprei om te voorkom dat sproei by die boompies kan uitkom.
Die onruiddode­r word op die wiel gedrup en só versprei om te voorkom dat sproei by die boompies kan uitkom.
 ??  ?? Die eerste prototipe. Die drie wiele was te ongemaklik om teen hellings te hanteer. FOTO: VERSKAF
Die eerste prototipe. Die drie wiele was te ongemaklik om teen hellings te hanteer. FOTO: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa