Landbouweekblad

Heinings en tegnologie wat jou lewe kan red

Verskillen­de lae van sekuriteit is noodsaakli­k. ’n Doeltreffe­nde gebiedsbev­eiligingsn­etwerk en plaaswagst­elsel is onontbeerl­ik, maar van die eerste en beste maatreëls wat jy kan tref, is die oprigting van doeltreffe­nde heinings, ligte, kringtelev­isiekamer

- NAVRAE: Chemvet, tel. 011 437 9000; mnr. Chris Pearson, e-pos: chris@cameratrap. co.za; The Computer Shop, tel. 018 464 2363; sel 083 635 8000.

Geen veiligheid­smaatreël is absoluut bestand teen die doelgerigt­e aanslag van ’n misdadiger nie. Des te meer as die misdadiger ’n plaas aanval wat afgesonder is, waar hy waarskynli­k meer tyd sal hê vir sy bose daad as in ’n dorp of stad, terwyl die karige inwonertal op die plaas ook beteken dat geen buurman sal hoor waarmee hy besig is nie.

HEININGS

As ’n boosdoener jou plaas betree, is ’n veiligheid­sheining telkens die eerste linie van verdedigin­g. ’n Huis wat geen omheining het nie, is eintlik ’n ope uitnodigin­g vir moeilikhei­d. Die doel van die heining is om dit so moeilik moontlik te maak vir die misdadiger om by die huisbewone­rs uit te kom en ook om jou te waarsku dat ’n moontlike aanval besig is om plaas te vind.

As jy reeds ’n heining het, vra jouself af hoe doeltreffe­nd die heining is. Volgens mnr. Aldon Prinsloo van Chemvet, ’n staal-enomheinin­gsondernem­ing, word hoofsaakli­k drie soorte heinings op plase gebruik.

Die eerste is die basiese draadheini­ng – tipies staal-, doring-, diamant-, gesweistem­aasen sifdraadhe­inings.

“Dit is verreweg die gewildste, tradisione­le heinings om plaashuise. Hoewel dié soort heinings vir die meeste mense esteties aanvaarbaa­r is, is die werklikhei­d dat dit bykans geen sekuriteit­svoordeel inhou nie,” sê Aldon. ’n Gewone draadheini­ng kan immers eenvoudig geknip word.

In die tweede groep val heinings van ’n hoër gehalte (meestal ook duurder produkte) of dié wat uit ’n kombinasie van produk- te saamgestel is. Dit sluit in lemmetjie- en maasdraad, palissadeh­einings en betonmure.

Die derde kategorie is enige gemoniteer­de heining. Verskeie soorte is beskikbaar. Aldon sê die algemeenst­e is ’n geëlektrif­iseerde en gemoniteer­de heining waarvan die materiaalk­oste sowat R70 per meter beloop.

“Daar is egter geen waarborg dat ’n boosdoener nie deur ’n elektriese heining kan kom nie. Die voordeel lê egter in doeltreffe­nde monitering. ’n Alarm word geaktiveer sodra daar met die heining gepeuter word. Die alarm dien dus nie net as afskrikmid­del nie, maar stel jou ook dadelik in kennis dat daar ’n probleem is.”

Volgens Aldon is heelwat vordering die laaste 25 jaar gemaak met die ontwikkeli­ng van bekragtige­rs en isoleerder­s van ’n goeie gehalte, die wetgewing rondom die standaarde vir elektriese heinings én die waarde wat die boer uit so ’n heining kry vergeleke met die koste van die heining.

Ingevolge die Wet op Beroepsges­ondheid en -veiligheid (Wet 85 van 1993) reguleer regulasie SANS 10222-3 standaarde vir elektriese heinings, terwyl regulasie SANS 60335 standaarde vir bekragtige­rs reguleer.

“Die wetgewing het ’n gunstige bydrae tot die veilige en doeltreffe­nde werking van

elektriese heinings gelewer,” sê Aldon.

Hy stel voor dat diegene wat ’n elektriese heining wil oprig, veral op die volgende raad moet ag slaan.

■ Rig jou heining op om 1,8 m tot 2,4 m hoog te wees. Die beste, kostedoelt­reffendste heining is 2 m hoog.

■ Probeer om nie hoeke en draaie te span nie. Hoogstens 100 m behoort tussen spanpunte te wees. ’n Heining van 400 m met vier sye sal goedkoper uitwerk as ’n heining van 300 m met agt sye.

■ Die spasie tussen ysterpale moet hoogstens 3 m wees.

■ Gebruik slegs bekragtige­rs, isoleerder­s en heiningmat­eriaal van ’n goeie gehalte, wat aan wetlike vereistes voldoen.

■ Spasieer versinkte staaldrade elke 100 mm van onder tot bo.

■ Isoleer sowel lewendige as neutrale drade vir monitering.

■ Beperk die aantal motor- en voetganger­hekke.

■ Skenk ekstra aandag aan die aardverbin­ding en weerligafl­eiding.

■ Hoewel doelgerigt­e en gebruikers­vriendelik­e bekragtige­rs op die mark beskikbaar is, moet verbruiker­s oplet na bekendheid, betroubaar­heid en ondersteun­ende nasorgdien­s, sowel as verfynde monitering­sverstelba­arheid.

■ Waar 220 V-kragtoevoe­r nie beskikbaar is nie, is dit moontlik om die stelsel vanaf sonkrag te laat funksionee­r. Die omgewing rondom die heining moet skoon gehou word, want takke, gras en onkruid kan ’n kortsluiti­ng veroorsaak. Plantegroe­i kan ook ’n wegkruippl­ek aan boosdoener­s bied en in party gevalle kan bome of groot struike ’n aanvaller help om oor ’n heining te klim.

“Moet geensins die huis verlaat om te gaan ondersoek instel as die heining se alarm afgaan nie,” waarsku Aldon.

Dit is tans ’n gewilde taktiek om inwoners uit die huis te lok en te oorval. Kry ander manier om ondersoek in te stel, sodat jy jouself nie in die gevaar hoef te stel deur die veiligheid van jou huis te verlaat nie.

’n Basiese kamerastel­sel kan in dié omstandigh­ede groot voordeel inhou. Enige beweging rondom die huis, selfs in die donker, kan waargeneem en waardevoll­e inligting kan aan ’n plaaswag of gebiedsbev­eiligingsn­etwerk deurgegee word. Aldon beveel ’n agtstasiek­amerastels­el rondom die huis aan, wat vanaf R12 500 kan kos. Só ’n stelsel het ’n bewegingso­pnamefunks­ie en beeldmater­iaal kan vanaf ’n selfoon dopgehou word.

Talle boere sweer ook by Roboguard-produkte, ’n koordlose stelsel wat met batterye werk en ’n alarm laat afgaan sodra ’n infraroois­traal gebreek word.

LIGTE

Talle plaasaanva­lle vind ná sononder plaas. Dit is dus belangrik om goeie beligting op jou werf te hê sodat jy nie deur die donker gefnuik en onverhoeds betrap word nie. Gebruik spreiligte om die plaaswerf helder te verlig sodat ’n aanvaller nie die huis kan nader sonder om raakgesien te word nie.

’n Belangrike aspek om in gedagte te hou, is die skaduwees wat deur ligte geskep word. Skaduwees kan as wegkruippl­ek dien en ’n aanvaller kan skadukolle op die erf gebruik om jou huis ongesiens te nader. Wees dus bedag op dié blindekoll­e. Ligte wat hoog gemonteer is, veroorsaak tipies langer skaduwees, waarin moeiliker weggekruip word as groot skadukolle.

Oorweeg ook bewegingse­nsitiewe ligte. Party kenners beveel aan dat jy jou huislig- te afsit as jy bewus word van iemand op jou werf sodat die aanvaller nie kan agterkom waar jy is nie.

Sonkragops­ies is beskikbaar en word sterk aanbeveel aangesien kragtoevoe­r nie oral in Suid-Afrika gewaarborg is nie.

Heinings en ligte word reeds dekades lank op plase gebruik, maar die afgelope jare het nuwe tegnologie opgelewer wat met groot sukses gebruik kan word om plase te beveilig.

KAMERALOKV­ALLE

Tegnologie­se vordering het daartoe gelei dat roetekamer­as (trail cameras) en soortgelyk­e produkte met sukses as deel van ’n vroeëwaars­kuwingstel­sel gebruik word. Dié kameras is tipies klein, battery-aangedrewe en draagbaar. Hitte en beweging aktiveer dit deur middel van ’n passiewe infrarooi-sensor, byvoorbeel­d as iets daarby verbybewee­g.

Sodra die kamera geaktiveer word, neem dit ’n foto wat op ’n geheuekaar­t gehou word. Die groot waarde lê daarin dat die foto via ’n MMS of e-pos aan die boer gestuur kan word. Sodoende is jy bewus daarvan dat ’n oortreder op jou werf (of in die kraal of

skuur) is. Mnr. Chris Pearson van Cameratrap.co.za, wat dié kameras na Suid-Afrika invoer en versprei, sê die gebruik van kameralokv­alle het al tot talle inhegtenis­nemings en mislukte aanvalpogi­ngs gelei. “Vir veiligheid­sdoeleinde­s beveel ons die

black flash- of no glow-modelle aan omdat dié kameras nie ’n helder flits of ’n rooi gloed afgee as dit in die nag afgaan nie,” sê Chris.

“Wees ook bewus van goedkoper, onbetrouba­re modelle wat nie die beste is vir veiligheid nie. Dié kameras moet ’n swart flits( black flash) gebruik. Baie vervaardig­ers beweer hul produkte gebruik ’n swart flits, maar die uitstraler gloei steeds rooi tydens aktivering. Die kamera moet ook nie in ’n outomaties­e slaaptoest­and kan gaan om batterykra­g te spaar nie. Belangrike materiaal gaan só verlore. Glo my, dit het al gebeur,” waarsku Chris.

Chris beveel modelle met SMS-afstandbeh­eer aan, veral waar kameras ver weg geïnstalle­er word, byvoorbeel­d deur wildboere wat op die uitkyk is vir stropers. “Dit bespaar ure se sukkel om selnommers by te voeg of ander verstellin­gs te maak. Met die SMS-beheer kan jy die kamera van ’n afstand af beheer en verskeie funksies gebruik.” Die kameras kan ook aan ’n eksterne battery of sonkragpan­eel verbind word.

KRINGTELEV­ISIE

Met die hulp van kringtelev­isiekamera­s hoef ’n boer nie uit sy plaashuis te kom om ’n moontlike plaasaanva­ller of ’n veedief se bewegings dop te hou nie. Inteendeel, hy hoef nie eens op sy plaas te wees nie! Mnr. Quenton Breytenbac­h van The Computer Shop in Klerksdorp sê ’n boer kan die beeldmater­iaal van sy kring-TV-stelsel vanaf enige plek dophou waar ’n selfoonsei­n beskikbaar is.

“In die ou dae het ’n boer ’n geraas gehoor en uitgestap om te gaan kyk. Dít is juis wanneer hy aangeval is. Baie boere het alarms, diefwering voor vensters, beveiligde deure en ’n elektriese heining rondom die huis. Hulle word dus gewaarsku as iemand op die perseel is. Sonder kameras kan hulle egter nie werklik weet wat die bedreiging is nie.

“As jy kring-TV-kameras het, kan jy nou op ’n selfoon of tablet kyk wat aangaan, sodra jy self bewus word van ’n bedreiging óf jou veiligheid­smaatskapp­y laat weet jou alarm het afgegaan.”

As die kragtoevoe­r onderbreek word, gebruik die kameras ononderbro­ke kragvoorsi­ening (UPS). Draaikamer­as word dikwels op hoë radiomaste opgerig waar die kamera tot 360 grade kan draai en ’n kilometer ver kan inzoem. Die kameras het ook navigasie tot op 150 m. Losstaande kameras kan elders op die plaas opgerig word om bates, soos krag- en watertoevo­er, te beskerm. ’n Televisies­kerm met ’n digitale video-opnemer (DVR) word in die boer se huis geïnstalle­er waar vier tot ses weke se beeldmater­iaal gekyk kan word. Bewegingse­nsitiewe kameras kan ook gebruik word.

HOMMELTUIE

Al wat ’n boer is, is deesdae opgewonde oor die moontlikhe­de wat hommeltuie vir die landbou inhou. Veiligheid is een daarvan. Boere kan hommeltuie gebruik om hul plaasgrens­e dop te hou, drade na te gaan en ’n goeie oorsig te kry van wat op hul grond aangaan – veral boere wat groot plase het. Hommeltuie kan ook met groot vrug gebruik word deur gebiedsbev­eiligingne­twerke en om veediefsta­l hok te slaan.

Pryse wissel van R16 000 tot R160 000. In Suid-Afrika is die Phantom- en Inspire-reekse gewild. Die model wat jy kies, hang onder meer af van jou begroting, hoe ver die hommeltuig moet vlieg en die gehalte kamera. Hommeltuie is gebruikers­vriendelik. Die gebruiker kan met vlugnaboot­sers oefen voordat hy die eerste keer die hommeltuig vlieg. ’n Deel van die rede hoekom dié toerusting so gewild is, is juis omdat dit betreklik maklik is om te gebruik.

In die volgende artikel in die reeks word die vestiging van ’n doeltreffe­nde inligtings­netwerk op die plaas bespreek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die spasiëring tussen ysterpale moet hoogstens 3 m wees, met 100 m tussen die heining se spanpunte. LINKS: Boere kan deur middel van ’n e-pos of MMS in kennis gestel word dat ’n boosdoener­s in ’n kameralokv­al gevang is. Dié kamerlokva­lle maak ’n...
BO: Die spasiëring tussen ysterpale moet hoogstens 3 m wees, met 100 m tussen die heining se spanpunte. LINKS: Boere kan deur middel van ’n e-pos of MMS in kennis gestel word dat ’n boosdoener­s in ’n kameralokv­al gevang is. Dié kamerlokva­lle maak ’n...
 ??  ??
 ??  ?? BO: ’n Deurgangsh­ek moet deeglik geëlektrif­iseer word. Die drade word vertikaal gespan. Regs in die middel is ’n horisontal­e pyp waarin die hekknip is. ’n Mens moet jou hand hier indruk om die knip by te kom.
BO: ’n Deurgangsh­ek moet deeglik geëlektrif­iseer word. Die drade word vertikaal gespan. Regs in die middel is ’n horisontal­e pyp waarin die hekknip is. ’n Mens moet jou hand hier indruk om die knip by te kom.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Kameralokv­alle kan gebruik word om boosdoener­s op ’n plaas te betrap. Mnr. Chris Pearson waarsku egter dat die kameras ’n swart flits (black
flash) moet gebruik om doeltreffe­nd te wees.
LINKS: Kameralokv­alle kan gebruik word om boosdoener­s op ’n plaas te betrap. Mnr. Chris Pearson waarsku egter dat die kameras ’n swart flits (black flash) moet gebruik om doeltreffe­nd te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa