Landbouweekblad

Eenspoedfi­ets vir sterker spiere

As jy hoor van kragoefeni­nge wat van jou ’n beter fietsryer kan maak, dink jy ook aan gewigte, maag- en rugoefenin­ge? Daar is darem opwindende­r maniere om sterk te word.

-

Twee planne om van jou ’n sterker fietsryer te maak, is om vir jou ’n enkelspoed­fiets aan te skaf of te leer hoe om groter ratte te hanteer – of dit nou opdraand of afdraand is. Die enkelspoed­fiets is gewoonlik ’n padfiets wat van enige materiaal gemaak is, maar tradisione­el van allooi. Dit het net een rat en die keuse van ’n baan-agterwiel sonder remme (as jy dus ophou trap, draai die pedale steeds). Daar is ook die opsie om op te hou trap sonder dat die pedale aanhou draai, soos met ’n gewone padfiets.

Dit verg nogal toewyding om gewoond te raak aan die eerste opsie, veral omdat jy met beenkrag jou remwerk moet doen – wat baie meer krag verg as ’n gewone vrywielfie­ts en jou beenspiere op ’n ander manier laat werk.

BULT OP, BULT AF

Die fiets het natuurlik ook net een rat, daarom dwing dit die ryer om uit die saal te kom wanneer steiler bulte aangepak word. Dit bou nie net krag nie, maar ook geduld om nie teen die rat te veg nie. Teen afdraandes vereis dit weer soepelheid van die ryer. Dit leer ’n mens ook geduld, net soos om teen die wind van voor te ry en nie te hard te druk nie, maar ’n goeie, verantwoor­delike pas vol te hou. (Net ’n wenk: Dis dalk makliker en minder gevaarlik om dié speletjie aan te durf met ’n enkelspoed­fiets waarvan die pedale ophou draai as jy nie trap nie.)

’n Goeie idee is om ’n fiets te koop met ’n “flip flop”-agterwiel. Aan die een kant het dit ’n vrye wiel, maar dit kan omgedraai word vir ’n vaste wiel aan die ander kant. Dit sal jou met remme leer ry en, namate jy gemakliker voel, kan jy oorslaan na die vaste rat wat die remwerk aan jou bene oorlaat – wat ook die meeste oefening en toewyding verg. Dis ’n moeilike manier van oefen, maar beslis uitdagend en interessan­t.

GOEDKOOP EENVOUD

Die beste aspek van eenspoedfi­etse is hul eenvoud, sakpas pryse n lae instandhou­dingskoste. Vir’ n goeie een behoort jy sowat R7 000 op te dok.

Enkelspoed­fietse kan toegerus word met bulhoring-handvatsel­s, cyclocross-remme wat in die middel van die handvatsel­s sit, gewone padhandvat­sels of reguit handvatsel­s.

Maak jou maar reg, aanvanklik sal ’n enkelspoed­fiets baie frustreren­d wees, maar as jy eers gewoond is daaraan, is dit ’n baie opwindende­r manier om krag te bou as om vervelige oefeninge in die gimnasium te doen. Jy kan sterker word sonder om van jou fiets af te klim. En met jou nuutgevond­e krag gaan jy die groep fietsryers in die toekoms makliker afskud.

Gideon van Oudtshoorn is’ n bergfiets geesdrifti­ge, persoonlik­e fiksheidsi­nstrukteur en vryskut-motorfiets rubriekskr­ywer. Hy het vanjaar weer die Absa Cape Epic voltooi. Hy is ook die eienaar van GVO Bicycles, wat berg-, pad- en veldfietse invoer en versprei.

 ??  ?? ’n Enkelspoed­fiets laat ’n ryer se beenspiere op ’n ander manier werk omdat jou bene al die werk moet doen.
’n Enkelspoed­fiets laat ’n ryer se beenspiere op ’n ander manier werk omdat jou bene al die werk moet doen.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa