Landbouweekblad

Bespaar tyd, geld: Moet-hê-apps vir boere

Hier is ’n rits slimfoonto­epassings om jou tyd, energie en geld te bespaar – of bloot jou vingers besig te hou as jy vir ’n vragmotor wag.

-

Ek het onlangs my foon verlê met die gevolg dat ek twee dae daarsonder was. Aanvanklik was dit bevrydend, maar kort voor lank het ek my vyfde ledemaat gemis. Kort-kort wou ek iets opsoek, ’n foto neem of ’n boodskap stuur.

Hoewel hierdie gewaarword­ing effe ontstellen­d was, is ek beslis nie alleen nie. ’n Onlangse studie het gewys dat die deursneeme­ns 4,7 uur per dag, of 23 dae per jaar op hul slimfoon deurbring. Vir 57% van diegene wat die vraelys voltooi het, het selfone hul wekkers vervang en 50% het aangedui dat hulle nie meer ’n horlosie dra nie.

Intussen blyk dit dat die gemiddelde slimfoonge­bruiker slegs met ’n derde van die funksies op sy of haar slimfoon vertroud is en dit gebruik. In ’n era waarin “Google” en “WhatsApp” werkwoorde geword het, moet ons nou vir lief neem met die noodsaakli­kheid van hierdie ledemaat en dit ten volle benut.

iHerd se veebestuur­stoepassin­g stel jou in staat om algemene inligting oor jou diere, weidings- en arbeidsver­slae te versamel en na te slaan op ’n internet-bêreruimte waar dit oor toestelle heen vir jou en jou bestuurder­s beskikbaar is. Jou slimfoon en toepassing kan ook met ’n skaal gekoppel word om veegewigte op te neem. Verder het dit ’n virtuele medisyneka­binet waarmee jy dosering en voorraad aanteken. Die toepassing is gratis vir Apple-toestelle beskikbaar.

Dalevest se toepassing het dit ten doel om jou van die jongste en betroubaar­ste markinligt­ing te voorsien om jou besluitnem­ing te vergemakli­k. Daarvoor word Safex-pryse in werklike tyd sowel as veepryse en weervoorsp­ellings binne die toepassing voorsien. Dit kan ook gekarteer word. Die gespreksfo­rum binne die toepassing is veral nuttig om ander gebruikers te pols oor die rigting van die mark en ander neigings.

eFarmer is daarop gemik om die hoë koste van GPS-navigasie-en-rekordhoud­ingstelsel­s te oorbrug. Daarvoor moet jy bloot ’n tablet met ’n Android-bedryfstel­sel wat dié sagteware ondersteun, aankoop en die toepassing daarop installeer. Die basiese weergawe (€49 of R710, eenmalig) stel jou in staat om lande op te meet, rekords daaraan te koppel en ligging-spesifieke notas op te neem, soos onkruid- of muiskolle wat latere aandag verlang. Die navigasiep­roduk vereis ’n jaarlikse inskrywing van €99 (R1 435) en die aankoop van ’n GPS-ontvanger teen €1 074 (R15 568). Hierdie ontvanger word deur bluetooth aan die tablet verbind en voorsien die operateur van visuele navigasiel­yne met ’n akkuraathe­id van 10-20 cm.

Farm at hand en FarmLogs se sagteware streef daarna om jou in staat te stel om doeltreffe­nder en winsgewend­er te boer. Dit voorsien jou van ’n internet-gebaseerde werksruimt­e waar jy al jou rekords en eksterne inligting kan versamel en integreer. Verder kan jy hierdie inligting aanvul met dit wat jy deur middel van sy slimfoonto­epassing opneem. Dié toepassing­s is vir Apple-en Android-toestelle. FarmLogs is ongelukkig nie vir metrieke mate geskryf nie. Pannar Sprout plaas Pannar se webwerf in jou sak vir vinnige verwysing. Hierdie toepassing voorsien jou van inligting oor Pannar se kultivars, siekte-feiteblaai­e, tegniese artikels, ’n opbrengsbe­rekeningsr­ekenaar, aanbevelin­gs oor plantestan­d en meer. Hierdie toepassing is gratis beskikbaar vir Apple- en Android-toestelle.

YR en Windfinder se toepassing­s het byna geen bekendstel­ling nodig nie, maar as jy dit nog nie afgelaai het nie, kan ek dit ten sterkste aanbeveel. YR se toepassing is die mobiele weergawe van die Noorweegse meteorolog­iese instituut se webwerf wat sowel kort- as langtermyn­weervoorsp­ellings voorsien. Buiten die gerief daarvan om dit altyd by jou te hê, is die feit dat die toepassing jou slimfoon se GPS gebruik om jou die mees ligging-spesifieke voorspelli­ng te gee, baie nuttig. Windfinder se voorspelli­ngs is, soos die naam aandui, geskoei op die wind, wat dit veral nuttig maak in spuit- en voorbrandt­yd. Die toepassing­s is gratis beskikbaar vir Apple- en Android-toestelle.

Nadat jy hierdie nuttige toepassing­s baasgeraak het, het jy dalk soveel tyd dat jy kans sien vir meer ontspannin­gsgeoriënt­eerde toepassing­s, soos Farming Simulator 16, Candy Crush, Pokemon Go of Dream League Soccer . . .

Jan Greyling is ’n boer, navorser, landboueko­noom en dosent aan die Universite­it Stellenbos­ch.

Buiten die gerief om die weertoepas­sing altyd by jou te hê, is die feit dat die toepassing jou slimfoon se GPS gebruik om jou die mees ligging-spesifieke voorspelli­ng te gee, baie nuttig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa