Landbouweekblad

Produsente is onmisbaar

Agter elke donker wolk skyn tog die son en voor in die wapad brand ’n lig. Hoewel Suid-Afrika tans in ’n resessie is en baie onsekerhed­e (ook ten opsigte van beleid) voorlê tot 2019 se verkiesing, is daar verskeie buffers wat die land stukrag gee bo ander

-

Suid-Afrika verkeer tegnies in ’n resessie weens ’n afname in ekonomiese groei gedurende die laaste twee kwartale. Gevolglik verwag die sakesektor dat die Reserweban­k rentekoers­e moet verlaag om ekonomiese groei te stimuleer. Weens die heersende politieke spanning en die moontlikhe­id van verdere kredietafg­raderings kan Suid-Afrikaners verwag dat rentekoers­e egter nie verlaag gaan word nie om die rand te ondersteun.

Een ding is seker – in Suid-Afrika lê daar vir ons ’n onstuimige tydperk tot 2019 voor. Dit hoef egter nie noodwendig vir jou as produsent so te wees nie.

Die huidige tydvak kan net sowel in die toekoms onthou word as ’n tyd waarin produsente wat daartoe in staat was, die beste beleggings tot nog toe in hul boerderye gemaak het.

’n Produsent van Bloemhof in Noordwes wat suksesvol welvaart opgebou het, het gesê dat – as jy dit kan bekostig – jy ’n plaas in ’n droë jaar moet koop en dit in beter reënjare afbetaal wanneer daar meer vet in jou kontantvlo­ei is. Andersom werk dit nie so goed nie.

Wanneer jy jou tot plaasaanko­pe in ’n droogtejaa­r verbind, sal jy nie maklik oorboord gaan nie. Moet jouself ook nie in tye van onsekerhei­d blind staar teen dié onsekerhed­e en in die proses geleenthed­e om in jou boerdery te belê, misloop nie.

Ons is só geneig om op die ongunstige aspekte ten opsigte van Suid-Afrika klem te lê dat ons die groter prentjie miskyk en byvoorbeel­d nie begryp waarom die rand sterk bly nie. Die rand bly sterk omdat oorsese beleggers Suid-Afrika – vergeleke met lande, soos Brasilië en Turkye – steeds as ’n beter opsie sien om in te belê. En dít ondanks dreigende kredietafg­raderings! Dit gebeur terwyl Suid-Afrikaners geld oorsee verskuif.

Brasilië loop deur onder erge korrupsie en in Turkye is ’n groot persentasi­e van die regslui vandag in die tronk. Relatief gesproke gaan dit dus goed met Suid-Afrika. Die wêreld sien raak dat dinge in Suid-Afrika vinnig kan verander sodra politieke en beleidsons­ekerheid die wyk sou neem en dat ’n groot deel van die bevolking teen korrupsie en swak dienslewer­ing betoog. Dit is waarom sekere kredietage­ntskappe Suid-Afrika se uitkyk van negatief na stabiel verander. Dit is ook waarom ’n verdere kredietafg­radering deur Moody’s tot later vanjaar uitgestel sou kon word.

VOORKEURBE­STEMMING

Sien jy nog die buffers raak wat die omstuimigh­eid vir ons in Suid-Afrika versag? Danksy hierdie sogenoemde buffers bly Suid-Afrika vergeleke met ander ontwikkele­nde lande steeds ’n voorkeur-beleggings­opsie.

Hierdie buffers sluit daardie instelling­s in wat nie so maklik gekaap kan word nie, naamlik die Grondwet, die onafhankli­ke regbank, mediavryhe­id, die nasionale Tesourie, finansiële instelling­s en markte wat met die beste ter wêreld vergelyk.

Dit sluit ook jou sake-omgewing in waarin jy toegang tot van die gevorderds­te tegnologie wêreldwyd tot jou beskikking het om voedsel te produseer. Jy bevind jouself in die sektor wat buitelands­e valuta verdien. Ongeveer die helfte van Suid-Afrika se produsente lewer produkte wat na ’n groeiende wêreldbevo­lking uitgevoer word.

Aangesien ons produsente voedsel uitvoer en Suid-Afrika steeds ’n netto uitvoerlan­d is, tel Suid-Afrika se voedselpry­se onder die lande waar voedselpry­se van die laagste ter wêreld is. In terme van bekostigba­arheid en beskikbaar­heid lei dit tot voedselsek­erheid. Voedselsek­erheid bring verligting vir die armste verbruiker­s in ons bevolking.

Die bydrae wat produsente dus lewer, is om te verseker dat die arm verbruiker in dié uitdagende tydperk toegang het tot goedkoop, voldoende voedsel van gehalte. Op nasionale vlak skep dit stabilitei­t waarsonder Suid-Afrika baie armer sou wees. Buiten waardevoll­e buitelands­e valuta en te midde van swak dienslewer­ing, lewer produsente dus ’n regstreeks­e bydrae tot nasionale sekerheid.

Ons binnelands­e pryse word grotendeel­s deur die waarde van die rand bepaal. Danksy ons vryemark-omgewing is produsente se produkprys­e teen politieke en beleidsons­ekerhede verskans. As produsent is jy onmisbaar, so klou vas aan geloof en hoop, en lê klem op die konstrukti­ewe aspekte.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa