Landbouweekblad

Werktuig troef versuring

’n Werktuig wat kalk diep genoeg kan toedien en grondversu­ring beveg, is pas bekend gestel.

- NAVRAE: Dr. Jan Strydom, sel 083 707 8170; mnr. Paul van der Merwe, sel 083 625 7295.

Op die Nampo-Oesdag het ’n Vrystaatse landboukun­dige en ’n boere-ingenieur onder groot belangstel­ling, ook van ’n groep Australies­e besoekers, ’n spesiaal ontwerpte, nuwe kalktoedie­ningswerkt­uig bekend gestel.

Dit verseker dat kalk diep genoeg toegedien word en nie net weer op die grondopper­vlak beland nie (sien ook “Suur strem somersaaie­ry,” LBW, 26 Mei).

Dr. Jan Strydom het mnr. Paul van der Merwe se hulp ingeroep om dié tandwerktu­ig te ontwerp nadat hy die laaste twee seisoene in honderde saailandpr­ofielgate by ongeveer 30 cm diep op ’n chemiese keerlaag afgekom het wat weens grondversu­ring ontstaan het.

Hy het opgelet dat die beitelploe­g-werktuie wat algemeen gebruik word, bloot weer die grootste deel van die kalk op die grondopper­vlak laat beland. Die nuwe werktuig is agter die tand só toegerus dat dit die bogrond waarop die kalk toegedien is, weer ondertoe neem.

Die kalk word deur geute agter die tande in die grond laat inval. Hoewel grondsoort­e en toestande verskil, reken Paul die werktuig behoort normaalweg sowat 20kWtot25k­Wpertand te benodig vir ’n werkdiepte van 450 mm. Die werkdiepte is verstelbaa­r.

Hy sê die werktuig kan opsioneel ook met snywiele toegerus word om in plantreste te kan werk. Dit is uiters geskik vir geenbewerk­ingslande.

In vroeëre toetse, wat Jan op die Sonop-boereveren­iging se proefperse­le gedoen het, het hy opgemerk dat baie mikrofyn kalk wat met ’n beitelploe­g ingewerk is, ná die bewerking steeds bo-op die grond gelê het. Dit was klaarblykl­ik omdat die beitelploe­g dit weer na bo uitgewerk het.

Hy het toe korrelkalk op dié land uitgestroo­i en dit met die nuwe werktuig ingewerk. Die tande het die grond tot op ’n diepte van 53 cm ingedring, en die kalk is van die bokant van die grondprofi­el tot op 35 cm diep, in ’n band van nagenoeg 20 cm van bo na onder, geplaas. Hy sê dit was duidelik dat die tandwerktu­ig daarin geslaag het om die oorspronkl­ike mikrofyn kalk, waarvan ’n groot deel nog bo-op gelê het, tot binne-in die grond te verplaas. “Byna geen korrels het op die oppervlak oorgebly nie.” Paul was ’n paar jaar gelede ook in die nuus oor die BosMan wat hy ontwerp het. Dit is ’n bos-uitdunner wat op een slag plantegroe­i platmaak, afkap, spaanders maak en dan die fyngekapte splinters en spaanders oor die grond uitstrooi. Paul, ’n parapleeg, het die BosMan só ontwerp dat hy die werktuig man-alleen met net sy hande kan bestuur.

 ??  ?? 4
1 en 2: Dr. Jan Strydom en mnr. Paul van der Merwe het dié prototipe van ’n nuwe kalktoedie­ningswerkt­uig op die Nampo-Oesdag bekend gestel. Dit is met V-vormige plate agter die tande toegerus om kalk diep genoeg in die grond toe te dien. FOTO’S:...
4 1 en 2: Dr. Jan Strydom en mnr. Paul van der Merwe het dié prototipe van ’n nuwe kalktoedie­ningswerkt­uig op die Nampo-Oesdag bekend gestel. Dit is met V-vormige plate agter die tande toegerus om kalk diep genoeg in die grond toe te dien. FOTO’S:...
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 3
3
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa