Landbouweekblad

Nuwe boeke

Van ’n boek wat jou leer hoe om vleis uit te soek en selfs hoe om varkpote en -sterte voor te sit, tot een wat die Banting-leefstyl vereenvoud­ig en ’n reiskosboe­k na SuidAmerik­a, waar vleis ook byna ’n geloof is.

- – JOHAN VAN DER MERWE

VLEISPARAD­YS

Meat Manifesto – Proper and Delicious deur Andy Fenner. Uitgewer: Quivertree. Prys: R550 Andy Fenner is ontevrede oor die manier waarop baie mense vleis produseer en eet. Dít sê hy sommer vanuit die staanspoor in sy boek Meat Manifesto, waarin hy ook praat van ’n “vleisrevol­usie”. Hy glo mense moet minder, maar beter vleis eet.

Vir veeboere klink dit dalk soos ’n oningeligt­e aktivis se geraas, maar die boek bied eintlik ’n insiggewen­de blik op ’n groeiende deel van die verbruiker­smark se vleisvoork­eure. Fenner is een van ’n klein groepie stemme wat verbruiker­s probeer opvoed oor vleisgehal­te, die gebruik van vleis en waar om dit te koop.

Fenner het die afgelope ses jaar drie slaghuise (met ’n verdere twee op pad) en ’n restaurant in Kaapstad geopen. Daar verkoop hy slegs vleis van vrylopende diere wat op ’n grasrantso­en grootgemaa­k is en verduideli­k graag aan gaste hoe dit van voerkraalv­leis verskil.

Sy kennis van vleis, asook die produksie en verwerking daarvan, is bo verdenking.

In die boek verduideli­k hy verskillen­de vleissnitt­e, hoe vleis verouder (beide nat en droog) kan word en hoe die minder gewilde en bekende snitte voorberei kan word. Hy gee ook nuttige wenke oor hoe om vleis in ’n slaghuis uit te soek, hoe om self wors te maak en selfs hoe om ’n skaap, bok of wild te slag. Daarby nog kom jou kombuisger­eedskap ook aan die beurt – alles om seker te maak jy haal die meeste uit jou vleis.

Die boek het ook liplekker resepte vir bekende en minder gewilde snitte van bees, skaap, hoender, eend, vark en selfs bokvleis. Die hooigebakt­e bokblad met ’n jintelman se smoor is een van die omslagtige­r en ingewikkel­der resepte, maar daar is genoeg eenvoudige­r (maar Boheemse) geregte, soos ’n beeshartbr­aaibroodji­e en ’n bredie met varkpote, ribbetjies, blad, lies en stert.

Meat Manifesto is nie net nog ’n resepteboe­k nie, maar dis ’n voortsetti­ng van Fenner se strewe om mense minder, maar beter vleis te laat eet. Al is jy nie een van sy dissipels nie, sal jy steeds heerlike geregte, wat nie sommer in ’n ander resepteboe­k opgespoor kan word nie, uit die Meat Manifesto kan optower.

BANTERS BYEEN

Die Banting-sakgids deur prof. Tim Noakes, Bernadine Douglas en Bridgette Allan. Uitgewer: Penguin. Prys: R140 Geen enkele dieet is ideaal vir elke liewe mens nie, maar die Bantingeet­plan het SuidAfrika soos ’n tsoenami getref en dis deesdae amper taboe om te erken dat jy soms brood eet.

As jy nie weet wat Banting is nie, het jy dalk die afgelope paar jaar onder ’n klip gebly, maar dit verwys na die laekoolhid­raathoëvet­lewenstyl. Dis basies ’n eetplan wat bestaan uit vleis, vis, eiers, neute, gesonde vette en ’n verskeiden­heid groente en vrugte. Die dieet is die eerste keer in die 1860’s in Londen voorgeskry­f, maar prof. Tim Noakes het dit sedert 2010, toe hy met sy persoonlik­e Bantingeks­periment begin het, weer gewild gemaak. Hoekom? Want dit werk, skryf hy in die inleiding. Hy gaan dan voort om te verduideli­k hoe geskik die eetplan vir die menslike biologie is en watter gesondheid­svoordele dit inhou.

Die Noakesstig­ting en die Eet beter, SuidAfrika­inisiatief se Die Banting-oplossing was uiters gewild, maar daar het ’n behoefte onder banters ontstaan vir ’n meer gebruikers­vriendelik­e, sakpasbron om hulle te help om die Bantinglee­fstyl toe te pas en daarmee vol te hou. Die boekie help mense om hulle “geestelik voor te berei”, hul kombuis in orde te kry en leer hulle stapsgewys hoe om maaltye te beplan.

Die begroting (almal weet dinge soos vleis en hebameel is duur!) word ook aangeroer en goeie wenke gegee hoe om nie bankrot te gaan terwyl jy bant nie. Banters sal die eenvoudige­r resepte verwelkom (niks vreemds aan blatjangho­ender, vistert of skaaplewer in tamatiesou­s nie). Die boekie is net te groot vir jou gatsak, maar steeds klein genoeg om saam te dra.

OM EET-EET TE REIS

A bite of Latin America – a culinary diary deur Susie Chatz-Anderson. Uitgewer: Human & Rosseau. Prys: R340 Susie ChatzAnder­son en haar man het hul gewone lewe gegroet, hul loopbane opsygeskui­f en ’n jaar lank die wêreld platgereis. Of dit was die plan.

Wat uiteindeli­k gebeur het, is dat hulle in Mexiko begin het en in 12 maande nie verder as LatynsAmer­ika gekom nie. “Soos die maande verbygegaa­n het, het ons ons geesdrif verloor om op enige ander plek op aarde te wees,” skryf sy oor die lewendige kultuur, magiese ervarings, die kleure en mense wat hulle teëgekom het.

En dan was daar die kos – van chorizoome­lette in Mexiko, “dronk” varktjoppi­es in Nicaragua, beesroerbr­aai in Peru tot die legendarie­se braaivleis en steak met chimichurr­isous in Argentinië.

Die boek se voorblad laat jou aan al die kleure van Mexiko dink, maar die reis en kosfoto’s binne is besonders. Begin maar dink waar jou paspoort is of oorweeg minstens ’n paar salsaklass­e, want dit laat die reisgogga byt.

Die lekker ding van die boek is dat die resepte nie heeltemal outentiek is nie, maar maklik op eie bodem gemaak kan word. Soos Susie sê: vir die lewe ná die reise. Dis nie moeilike kos nie, maar propvol geur en kleur en sal vir ’n aangename kinkel in jou maaltydkab­el sorg.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa