Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- ADRIAAN GROENEWALD

Ek het ’n dokument van die Departemen­t van Waterwese ontvang waarin my watergebru­ik geverifiee­r word. Wat beteken “bestaande wettige gebruik”? Hierdie watergebru­ik moes wettig plaasgevin­d het in die twee jaar voor die inwerkingt­reding van die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998), ook genoem die kwalifiser­ende periode (1996-1998). Die watergebru­ik hoef nie tydens die volle kwalifiser­ende periode plaas te gevind het nie, maar moes minstens binne daardie tyd uitgeoefen gewees het.

Dit is belangrik om daarop te let dat, indien ’n watergebru­ik tydens die kwalifiser­ende periode die wettige gebruik te bowe gegaan het, die bestaande wettige gebruik slegs geld vir daardie gedeelte wat gemagtig was. Die watergebru­iker kon byvoorbeel­d 30 hektaar wettig besproei het, maar het in die kwalifiser­ende periode slegs 20 hektaar se water benut. Gevolglik sal sy wettige gebruik, onderhewig aan sekere uitsonderi­ngs, beperk wees tot daardie hoeveelhei­d wat hy op 20 hektaar kon benut het.

VLOEDLANDE EN SPILPUNTE

Kan ek vloedlande in ’n spilpunt omskakel? Wat die onttrekkin­g van water betref, bemoei die Nasionale Waterwet hom met die volume wat jy op ’n sekere eiendom vir ’n sekere doel aan die waterbron onttrek en spreek hom nie spesifiek uit oor die lande waarop jy dit gaan aanwend nie. As jy dus dieselfde volume onttrek, met dieselfde patroon of tempo van onttrekkin­g aan die rivier, is daar niks in die huidige wet wat jou verhinder om dit op ’n groter area te benut nie, solank jy nie die bestaande volume oorskry nie en jy water nie met ’n ander patroon of hoër tempo aan die rivier onttrek nie.

Kom ons neem 10 hektaar vloedlande as voorbeeld. Ons almal weet ’n spilpunt is in die algemeen doeltreffe­nder as vloedbespr­oeiing. Gestel jy wil 10 hektaar onder vloedbespr­oeiing omskakel in 12 hektaar onder ’n spilpunt. Vanweë die verhoogde toediening­sdoeltreff­endheid kan jy dit doen sonder om meer water aan die stroom te onttrek. As jy ook nie die onttrekkin­gstempo verhoog nie, is daar niks in die wet wat jou keer om jou toelaatbar­e watergebru­ik op sodanige wyse beter te benut nie.

Maar, pas op: ’n Sirkel pas nie mooi op vierkantig­e vloedlande nie. Jy gaan noodgedwon­ge natuurlike veld moet omploeg as jy by 10 ha lande wil bly. Boonop, in ons voorbeeld gaan jy nou ongeveer 2 hektaar lande daarby voeg.

Die Waterwet is nie die enigste wet wat oor die beskerming van natuurlike hulpbronne handel nie. Jy moet ook aan omgewings- en landbouwet­gewing voldoen voordat jy natuurlike veld wat ’n sekere area oorskry, kan ontbos of omploeg.

Dit geld ook as jy gebiede groter as byvoorbeel­d 300 vierkante meter in sekere kwesbare biodiversi­teitsgebie­de wil skoonmaak. Mnr. Adriaan Groenewald is ’n prokureur by Groenewald­s Prokureurs op Humansdorp.

 ??  ?? Die Waterwet bemoei hom onder meer met die volume water wat jy op ’n sekere eiendom vir ’n sekere doel wil gebruik. Hy spreek hom nie spesifiek uit oor die lande waarop jy dit gaan doen nie.
Die Waterwet bemoei hom onder meer met die volume water wat jy op ’n sekere eiendom vir ’n sekere doel wil gebruik. Hy spreek hom nie spesifiek uit oor die lande waarop jy dit gaan doen nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa