Landbouweekblad

WAT IS DIE WARE PRYS VAN KOS? — CHRIS BURGESS

-

Kospryse is nou blykbaar die laagste in 18 maande, soos die onlangse verbuikers­inflasiein­deks toon. Chris Burgess is nie so seker nie, skryf hy in sy redakteurs­brief in Landbouwee­kblad van 9 Junie 2017. Hy stel onder meer voor dat skoolvoedi­ngskemas uitgebrei word en dat boere daarby betrek word, dat koskoe- pons deel van staatstoel­aes moet wees en dat alle noodsaakli­ke kos van BTW kwytgeskel­d word. PETER MASSMANN skryf: Chris, dit is so belangrik wat jy sê, maar niks gebeur nie. LBW kan gerus die Regering en “slim manne” by ’n dinkskrum betrek waar hierdie “kos-en-mens-sake” oopgevlek word.

GIELIE DE KOCK skryf: Ja, ons moet ’n verskil maak deur oor dié dinge te praat en dan op te tree. Hoekom is daar so min mense wat probleme wil oplos? ’n Swart vriend van my het lank terug gesê: “Gielie, dit is net

talkshows.” Hoeveel vergaderin­gs word afgesluit met ’n tydraamwer­k wanneer dinge gedoen moet wees? Kom ons probeer iets daadwerkli­ks doen.

M. KRUGER skryf: Chris, so ’n bietjie raad — verniet. Dit het my lank gevat om dit te besef, maar die idee dat ’n mens goeie planne, soos dié, plaas met die hoop dat die slim manne dit gaan sien en dit gaan uitvoer, is ’n mors van tyd. Hulle werk almal vir salarisse en gee nie regtig om nie, of hulle het hul eie agendas. Daar is in die afgelope 22 jaar soveel goeie idees op LBW se gespreksfo­rum geplaas, maar niks het daarvan gekom nie. Miskien moet ons ophou hoop dat die DA, die VF Plus, die TLU SA en Agri SA iets aan ons lot gaan doen en self ’n beweging of organisasi­e stig wat die goeie planne en idees wat daar geplaas word, kan bevorder en uitvoer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa