Landbouweekblad

GEELDIKKOP BY SKAPE

- FAFFA MALAN LEES ook www.landbou.com/kundiges/vra-virfaffa/skape-het-opgeswelde-gesigte/ Dr. Faffa Malan is bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika.

Hoe kan geeldikkop behandel word? Voordat geeldikkop behandel kan word, moet ons eers verstaan hoe die “siekte” ontstaan.

Skape toon kenmerkend­e tekens van geelsug en ’n kop wat geswel is. Die oorsaak is duwweltjie­s (Tribulus terrestris )watwydvers­preid in Suider-Afrika voorkom. Dit groei veral welig as die veld uitgetrap of versteur is. Kyk veral by krale, suipings, hekke en dongas. Duwweltjie­s kom voor in vrugbare spoelgrond en saad versprei met reënwater. Soms wanneer die weersomsta­ndighede gunstig is, kom hulle selfs op goeie weiding voor.

Alle skaap- en bokrasse is vatbaar. Skape met swart koppe toon nie ’n geswelde kop nie, maar die wit dele is aangetas.

As genoeg reën geval het, groei die duwweltjie­s vinnig en as dit daarna vir ’n tydperk warm en droog is, verlep die plante. Ná twee tot ses weke kan die duwweltjie­s giftig wees. Soms groei daar ’n swam op die plante wat hulle nog giftiger maak. Diere is baie lief vir dié plant. Wat verwarrend is, is dat nie alle verlepte plante giftig is nie, en alle groen plante is nie veilig nie. Plante wat giftig is, bly giftig totdat hulle heeltemal verdroog of ná reën weer groen word. As dit weer verlep, word dit weer giftig.

Die rede waarom diere siek word, is dat die duwweltjie­s se gifstof die galbuise van die lewer verstop, wat tot geelsug en liggevoeli­gheid lei.

KLINIESE TEKENS

Vandat die skape of bokke die giftige plante gevreet het, duur dit twee dae tot drie weke voordat diere siek word. Gewoonlik verwissel ’n boer kampe en dan is daar ’n uitbreking.

Die skape is liggevoeli­g – hulle soek skaduwee op, druk hul koppe onder mekaar in, hulle jeuk en krap hul koppe. Die vel word rooi en dan swel die kop en ore op. Geelsug ontwikkel dan – kyk na die oogkleur en mondslymvl­iese. Skape hou dan op vreet en kan moeilik asemhaal. Die diere raak hardlywig. Wanneer die diere herstel, kan die vel hard word en afdop. Van die diere kan hul lippe en ore verloor en die kloutjies kan afval.

As ’n siek skaap geslag word, is die karkas geel, die lewer geel en bros en die derm-inhoud is hard.

BEHANDELIN­G

Bring diere na skaduwee toe vir twee weke of selfs langer (skure, bome). Hou hulle weg van duwweltjie­s en gee hulle sagte kos en water.

Water (1-3 liter) kan ook met ’n maagbuis ingegee en 50-100 g suiker kan elke tweede dag in die water opgelos word. Hul droë vel kan ingesmeer word met wondsalf of Carron-olie (gelyke hoeveelhed­e kalkwater en roulynolie). Waardevoll­e diere kan met antibiotik­a behandel word. Raadpleeg jou plaaslike veearts vir bykomende behandelin­g.

VOORKOMING

Pas goeie weidingbes­tuur toe. Skuif diere na rantjiesve­ld toe wanneer toestande vir duwweltjie­s gunstig is. Verskaf genoeg skaduwee – diere wat dan reeds giftige duwweltjie­s ingeneem het, sal dan dalk selfs geen tekens wys nie.

Sommige boere bewei duwweltjie­s voordat hulle verlep met ’n groot aantal skape. Ondersoek hierdie skape daagliks vir tekens van geeldikkop en verskuif hulle dan. Tot op hede is geen entstof of teenmiddel­s beskikbaar nie.

 ??  ??
 ??  ?? Die oorsaak van geeldikkop is duwweltjie­s wat wydverspre­id in SuidAfrika voorkom. Alle skaap- en bokrasse is vatbaar vir dié siekte.
Die oorsaak van geeldikkop is duwweltjie­s wat wydverspre­id in SuidAfrika voorkom. Alle skaap- en bokrasse is vatbaar vir dié siekte.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa