Landbouweekblad

AFRONDING VAN BEESTE

- ULRICH MÜLLER

Ons wil begin om graad C-beeste in ’n voerkraal af te rond. Hoe doen ’n mens dit ekonomies? Anders as by speenkalwe­rs, word die wins by die voer van C-grade gemaak uit die aankoopmar­ge en nie die voermarge nie.

Uitskotkoe­ie handhaaf ’n goeie daaglikse gewigstoen­ame (GDT), maar met ’n hoë voerinname. Dus is die voeromsett­ingsverhou­ding (VOV) swak. ’n Koei benodig sowat 9 kg lugdroë

voer per kg toename, terwyl ’n speenkalf sowat 6 kg benodig. Die aankooppry­s van uitskotkoe­ie moet daarom baie laag wees om hulle winsgewend te kan voer.

Gebruik ’n gewone voerkraala­frondrants­oen vir die afronding van C-grade, soos 150 kg Voermol SB 100 (reg.nr. V4498, Wet 36 van 1947), 650 kg mieliegrui­s en 100 kg hooi.

Dit is ’n volledige voer en moet na behoefte gevoer word. Voer bykomende hooi tydens die eerste 14 dae van aanpassing. Die TABEL hieronder dui tipiese produksies­yfers aan.

Dit is riglynsyfe­rs en sal verskil na gelang van die soort en gehalte van die diere, begin- en eindgewig, en vetheidsgr­aad aan die begin.

Diere moet ingeënt en gedoseer word aan die begin van die voertydper­k. Kontak jou naaste veearts. In plaasvoerk­rale gebruik ek ’n riglynsyfe­rvanR3perd­agperdierv­iroorhoofs­ekoste. Mnr. Ulrich Müller is tegniese bestuurder by Voermol.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa