Landbouweekblad

Te veel of te min

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

Wanneer is te veel te veel en wanneer is te min te min? Oor hierdie vraag het ek persoonlik al baie wakker gelê sonder om ’n bevredigen­de antwoord te vind. Met reg sou jy kon vra: Waarom skryf jy daaroor as jy self nie weet nie? Ek skryf om mense aan die dink te sit. Ons moet daaroor dink en praat en oplossings aan die hand doen, want die toekoms van ons land gaan uiteindeli­k deur ons antwoorde bepaal word.

Wanneer die apostel Paulus in sy tweede brief aan die Korinthiër­s skryf, is daar ook ’n insetsel oor Christelik­e vrygewighe­id (vgl. 2 Kor. 8:1-15). Hy sluit dit af met die volgende woorde: “Daar staan ook geskrywe: Die met baie het nie te veel gehad nie en dié met net ’n bietjie, nie te min nie” (vers 15). Dis hier waar ’n mens effens magteloos vasval. Wanneer is baie nie te veel nie en wanneer is ’n bietjie nie te min nie? Wie het die genade en die wysheid ontvang om dié lyn te trek? Sal die almagtige en alwyse God tevrede wees met die lyne wat ons trek? Sal ons ooit saamstem oor die antwoord?

Ek vra vir verdraagsa­amheid, want ek probeer om ’n antwoord te gee, al is dit dan net om jou te prikkel om saam te dink. Hier is my beskeie poging: “As jy so baie het dat jy dit nie meer sinvol kan bestuur tot eer van God en tot vorming van sy Koninkryk nie, dan het jy te veel en dan loop jy gevaar dat jou skouers nie breed genoeg is om die voorspoed te dra nie.”

Dis interessan­t dat in die gelykenis van die talente was dit nie die een met die tien talente wat te veel gehad het nie, maar die man met die één talent. Waarom? Omdat hy nie die vermoë gehad het om die een talent reg te bestuur nie, Vir hom was een te veel (vgl. Luk 19:21).

En wanneer is ’n “bietjie” te min? Wanneer jy nie die wysheid en insig het om met daardie bietjie van God te gaan staan en te bid: “Here, help! U weet self dat hierdie bietjie net ’n bietjie te min is.”

‘As jy so baie het dat jy dit nie meer sinvol kan bestuur tot eer van God en tot vorming van sy Koninkryk nie, dan het jy te veel.’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa