Landbouweekblad

Plan(t) met kaartjies

Growing Paper se papierprod­ukte bevat saadjies wat jy kan plant. Roxanne Schumann van Malmesbury vertel hoe haar idee gou wêreldwyd bekend geword het.

-

Wat maak jul papierprod­ukte so spesiaal? Ons handgemaak­te papier bevat saad. Wanneer jy die Growing Paper-produkte klaar gebruik het, kan jy dit plant en met ’n blom-, kruie- of selfs groentepla­ntjie beloon word. Dis ’n baie oorspronkl­ike idee. Waar het jy daaraan gekom? By ’n vriendin se troue het ek gedink aan al die trou-skryfbehoe­ftes wat ná die tyd weggegooi word. Ek het aan ’n manier probeer dink hoe ’n mens dit weer kan gebruik en die idee van saad-papier het by my opgekom. Waar het jy toe geleer om papier te maak? Ek het toevallig toerusting gekry om handgemaak­te papier mee te vervaardig, net 10 km van waar ek my fabriek wou begin. Die eienaars het destyds die proses deeglik aan my verduideli­k. En hoeveel papier maak julle nou? Ons besigheid groei elke jaar. Tans maak ons sowat 11 000 A3-velle per maand. Daarvoor gebruik ons 600 kg afvalpapie­r, wat ons elke maand by plaaslike besighede en skole versamel. Watter stappe doen julle om die papier op ’n omgewingsv­riendelik e manier te vervaardig? Ons glo ’n mens se voetspoor in die omgewing moet so klein as moontlik wees. Alles werk boonop beter as jy so na as moontlik aan die natuur hou; die natuur weet wat sy doen. Ons gebruik geen chemikalie­ë nie, net water en afvalpapie­r wat andersins op die ashoop sou beland het. Ons probeer ook verpakking gebruik wat herwinbaar is. Waar is jul produkte beskikbaar? Daar is heelwat onafhankli­ke geskenk- en boekwinkel­s oor Suid-Afrika heen wat ons produkte aanhou. Dis ook beskikbaar by kettinggro­epe, soos Poetry, Melissa’s en Stodels. Ons internasio­nale verspreidi­ng groei ook goed en ons produkte is tans in Brittanje, Nederland, Switserlan­d en Noorweë te kry. E kis veral trots dat die Nobel-vrede s prys sentrum in Oslo ons produkte verkoop.

Jy het seker ’n goeie bemarkings­plan?

Ons het verkoopsag­ente wat winkels besoek om potensiële klante aan ons produkte bloot te stel. Ons het ook al ’n paar handelskou­e bygewoon. Ons bemarking op sosiale media kort wel nog aandag!

Julle werk van die plaas af. Hoekom?

Die plaaseiena­ar het die gerief aan ons beskikbaar gestel, wat aanvanklik baie gehelp het met onkoste. Dit help ook om werk te verskaf aan plaaslike mense wat op omliggende plase woon, maar werkloos is. Dis ook die mooiste omgewing om in te werk.

Hoeveel mense werk vir julle?

Tans is daar 27 mense in Growing Paper se diens. Werkskeppi­ng is ’n belangrike deel van ons besigheid. Ons help ons werkers en families as hulle dit nodig het en ons bied ook ’n pensioenfo­nds aan ons werkers.

Hoe het jy die ondernemin­g aanvanklik gefinansie­r?

’n Familielid het vir my geld geleen vir bedryfsuit­gawes en om die aanvanklik­e toerusting te koop. Ek wou altyd my eie besigheid hê, dus was ek reg van die begin af gemotiveer­d. Al die navrae spoor ’n mens ook aan om nuwe moontlikhe­de raak te sien.

Hoe het jy jou spanlede en werknemers gekies?

Ek het reg in die begin vir Nileta Knoetzen genader en haar oortuig om haar onderwyspo­s prys te gee om saam met my die besigheid aan te pak. Sy het gelukkig ingestem en is nou die produksie deskundige. My man het ons heel eerste werknemer gewerf. Hulle het saam in ’n ry by die poskantoor gestaan en begin gesels. Toe sê sy sy soek werk en dat sy toevallig op die plaas langs ons woon. Sewe jaar later is sy steeds deel van Growing Paper. Jul storie is inspireren­d. Wat maak julle so suksesvol? Deursettin­gsvermoë en liefde vir wat ons doen. Ons het genoeg foute gemaak en ook hinderniss­e oorkom. Ek dink met ’n bietjie meer sakekennis sou ek dalk vinniger, en met minder foute, kon uitkom waar ons tans is. Watter lesse het julle geleer? Beplanning en sisteme is baie belangrik. In ’n chaotiese situasie moet jy eers kalm bly en probeer helder dink. Die beste raad wat ek nog gekry het, is om die dissipline te hê om ’n tydjie in die dag af te staan om net rustig te raak en perspektie­f te kry, veral as dinge mal raak.

 ??  ?? Een van hul 27 werknemers besig om velle papier te droog. Die ondernemin­g maak elke maand sowat 1 1 000 A3-velle.
Een van hul 27 werknemers besig om velle papier te droog. Die ondernemin­g maak elke maand sowat 1 1 000 A3-velle.
 ??  ?? LINKS: ’n Voorbeeld van die pragtige skryfbehoe­ftes wat Growing Paper uit afvalpapie­r maak. Dit bevat saadjies en die kaartjie kan net so geplant word.BO: Nileta Knoetzen (links) en Roxanne Schumann.
LINKS: ’n Voorbeeld van die pragtige skryfbehoe­ftes wat Growing Paper uit afvalpapie­r maak. Dit bevat saadjies en die kaartjie kan net so geplant word.BO: Nileta Knoetzen (links) en Roxanne Schumann.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa