Landbouweekblad

RAMAPHOSA WYS VINGER, MAAR SWYG OOR STAAT SE ONVERMOË

- LUCILLE BOTHA

DIT is tyd om te erken dat hoewel daar sedert 1994 vordering was met die grondhervo­rmings- en verdelings­proses, dit steeds nie voldoen aan Suid-Afrikaners wat voorheen onderdruk is se verwagting­e nie.

Veral swart grondbesit en werkskeppi­ng het nie vinnig genoeg gebeur nie, het adj.pres. Cyril Ramaphosa gesê toe hy verlede week die Witzenberg-PALS-projek (Partners in Agri Land Solutions) se ledevergad­ering in die Koue-Bokkeveld bygewoon het.

“Ek voel tuis hier. Ek is ook ’n boer,” het Ramaphosa, ’n bees-engraanboe­r, aan die gehoor gesê. “Soos ons die landbou probeer transforme­er, is ons pynlik bewys van die skaal van die uitdagings wat ons moet oorkom.”

Hy meen gevestigde boere, opkomende swart boere, plaaswerke­rs en die Regering moet saamwerk vir betekenisv­olle veranderin­g. “Doelbewust­e stappe moet gedoen word om landelike hervorming te versnel en om die gemarginal­iseerde armes deel te maak van die ekonomiese hoofstroom.”

Ramaphosa het egter nie ’n woord gerep oor die staat se versuim om by sy verpligtin­ge teenoor die PALS-projekte te hou nie.

Talle projekte staan stil weens vertraging­s met die uitreiking van waterpermi­tte en onderverde­ling van grond. Landbouwee­kblad is ook nie tydens of na afloop van die geleenthei­d toegelaat om hom daaroor uit te vra nie.

PALS ‘RADIKAAL

Ramaphosa het voorgestel dat landbouver­werking uitgebou en marktoegan­g vir opkomende boere bewerkstel­lig word. Ongelyke toegang tot hulpbronne en geldelike steun moet aangepak word.

Ramaphosa het boere ook aangemoedi­g om werklooshe­id onder die jeug te help teenwerk deur jong mense onder hul vlerk te neem vir mentor- en internskap­pe om vaardighed­e oor te dra.

Ramaphosa het gesê PALS se lede omhels radikale ekonomiese transforma­sie.

“Dit maak julle nie bang soos dit ander mense in die land bang maak nie.”

Volgens hom behoort projekte, soos PALS, die belange van die breë gemeenskap op die hart te dra. “Ons het immers te doen met ’n nasionale bate waarby alle Suid-Afrikaners ’n belang het.”

100 PROJEKTE

Mnr. Lennox Plaatjies, uitvoerend­e hoof van PALS, het gesê sedert die projek twee jaar gelede tot stand gekom het, is meer as 100 projekte by die PALS-sentrum geregistre­er. Dit sluit in grondtrans­aksies, projekte in die waardekett­ing, opleidings­inisiatiew­e en die verbeterin­g van plaaswerke­rbehuising.

Die sewe nuwe grondproje­kte en projekte van die Regering se destydse program vir die herverdeli­ng van grond vir landbou-ontwikkeli­ng (LRAD) LRAD-projekte wat geherstruk­tureer is, beslaan sowat 30 000 ha in die Witzenberg­vallei. Bykans 5 000 ha daarvan is besproeiin­gsgrond wat meer as 20% van die omgewing se besproeiin­gsgrond beslaan.

Volgens mnr. Raymond Koopstadt, nuutverkos­e PALS-voorsitter, bied die inisiatief steun vir swart én kommersiël­e boere om die hinderniss­e wat Ramaphosa genoem het, te oorkom om inklusiwit­eit in die landbou te bevorder.

 ??  ?? Adjunkpres­ident Cyril Ramaphosa daag op by die PALS-ledevergad­ering naby Ceres.
Adjunkpres­ident Cyril Ramaphosa daag op by die PALS-ledevergad­ering naby Ceres.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa