Landbouweekblad

ROOIWATER EIS DOSYNE KOEIE OP ORGANIESE MELKPLAAS

- — CARIEN KRUGER

ROOIWATER het binne sewe weke 35 koeie op ’n Gautengse melkplaas laat vrek.

Mnr. Danie Schutte, ’n oudministe­r, sê dit is ’n groot terugslag vir die nuwe gesamentli­ke ondernemin­g wat hy onlangs met twee vennote begin het. Die gesamentli­ke kudde het 500 tot 600 diere.

Schutte se Bronberg-melkery is voorheen op 90 ha aan die buitewyke van Pretoria bedryf en was een van die min melkerye wat as organies gesertifis­eer was.

Die plaas is mettertyd deur ontwikkeli­ngs omring en aangesien die grond te klein was vir uitbreidin­g, het Schutte dit onlangs verkoop.

Een van sy nuwe vennote besit ’n plaas van 463 ha naby Bronkhorst­spruit en boer reeds daar met Ayrshires.

Schutte se Ayrshires is sedert einde April op dié plaas en hy sê probleme met rooiwater is in Mei opgemerk.

“Ons het ’n private veearts hier gehad en twee keer veeartse van die staat se Temba-kliniek. Hulle het twee keer bloed getrek vir toetse en ’n nadoodse ondersoek uitgevoer.” Asiatiese én Afrikarooi­water is gediagnose­er. “As rooiwater jou tref, kan ’n koei binne twee dae vrek,” sê Schutte.

WEER

Op aanbevelin­g van die veeartse is ’n intensiewe program teen groot koste begin. ’n Blokkeermi­ddel is dadelik aan alle volFeather­stone wasse diere toegedien, asook ’n opvolgdosi­s drie weke later.

Nóg ’n dosis sal drie weke later volg en indien alles goed gaan, sal al die diere ná ’n verdere drie weke geïmmunise­er wees.

Schutte dink die goeie reëntyd en laat reën, asook die feit dat die werklike winterkoue nog nie gekom het nie, het veroorsaak dat die bosluise baie aktief is en dat dit tot die uitbreking aanleiding gegee het.

Die Sondagkoer­ant Rapport het op 18 Junie berig dat die Dierebeske­rmingsvere­niging (DBV) in Tshwane die plaas ná bure se klagtes besoek het.

Op 16 en 17 Junie het die DBV sewe siek Ayrshire-koeie en ’n kalf van kant gemaak.

Oor die diere wat die DBV van kant gemaak het, sê Schutte: “Dit was my eie fout; ek moes van hulle ontslae geraak het. Danksy die stappe wat ons gedoen het, kon ons ’n klomp koeie red, maar daar was ook ’n klomp wat in ’n swak toestand was,” sê hy. Die DBV het ook op 40 karkasse afgekom wat waarskynli­k al maande lank daar lê.

SAMEWERKIN­G

Schutte sê hy gee sy volle samewerkin­g met die DBV en het die organisasi­e genooi om die plaas twee weke lank elke dag te besoek. Op 19 Junie het hy aan hulle ’n verslag gegee oor al die voer wat elke dag gegee is en al die medikasie wat toegedien is.

Aangesien die melkery as organies bedryf word, word volledige aantekenin­g van alles bygehou. Die siek koeie word afsonderli­k aangehou en hul melk word nie aan kopers gelewer nie.

Melk van gesonde koeie aan wie die blokkeermi­ddel toegedien is, mag wél gelewer word. Schutte het groot planne vir uitbreidin­gs.

 ??  ?? Mnr. Gilbert Ramollo, assistent-plaasbestu­urder, by gesonde koeie op mnr. Danie Schutte se plaas.
Mnr. Gilbert Ramollo, assistent-plaasbestu­urder, by gesonde koeie op mnr. Danie Schutte se plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa