Landbouweekblad

GRONDBESET­TING RUK OOS-KAAPSE BOERE

- — CORLI VAN DER MERWE

’N DISPUUT oor grond wat al meer as 40 jaar voortsleep en frustrasie met die Regering se trae vordering met grondhervo­rming het tot grondbeset­ting buite Queenstown gelei.

’n Groep mense het laatmiddag op 19 Junie op die plaas Primgradia tussen Queenstown en Tarkastad in die Oos-Kaap opgedaag en mnr. Charles Feathersto­ne, die eienaar van die grond, laat weet dat hulle sy grond as weiding gaan gebruik.

Tydens ’n gesprek tussen Feathersto­ne en die groep het hulle beweer dat grond in die omgewing in 1976 aan hulle belowe is, dat die grond volgens die Regering nou aan hulle behoort en dat hulle dit mag beset.

Die groep het hulself op die stoep van mnr. Amos Nxenye, se plaasbestu­urder op Primgradia, tuisgemaak.

Volgens me. Jeanné Feathersto­ne was sowat 15 mense betrokke en het die polisie vinnig op hul oproep om hulp gereageer. “Lede van die eenheid vir openbare wetstoepas­sing, die blitspatro­llie en die Queenstown-polisie het opgedaag en die groep is in hegtenis geneem,” sê sy.

BELOFTES

Volgens dr. Pieter Prinsloo, ondervoors­itter van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e, is dié groep mense reeds in 1976 grond belowe nadat die destydse Regering hulle van Herschel na Queenstown verskuif het. Meer onlangs was daar skynbaar nóg leë beloftes van meer grond aan dié gemeenskap.

’n Boer van die omgewing het ’n hele ruk gelede grond vir die Regering te koop aangebied wat vir die groep benut kon word.

“Die Regering het ’n waardeerde­r gestuur, maar niks het verder gebeur nie. Ons het ’n plan gehad oor hoe ons die mense met mentorskap sou help om as ’n ekonomiese eenheid op die grond te kon boer, maar niks het daarvan gekom nie,” sê Prinsloo.

GRONDEIS

Intussen het die Herschel-gemeenskap ’n grondeis in dié omgewing ingestel, wat volgens Prinsloo teen sowat R50 miljoen uitbetaal is. Prinsloo sê ’n groep plaaswerke­rs is ook onder dié wat grond daar eis.

Feathersto­ne sê hulle het die plaas in 1993 gekoop en sedertdien daar geboer. Die besetters wou egter niks weet van die titelaktes en dokumente wat aan hulle getoon is nie en het die geldigheid daarvan bevraagtek­en.

“Die polisie se reaksie was

profession­eel en sover ons weet, het hulle reg opgetree. Ons vind die polisie hier baie behulpsaam as daar probleme of navrae oor sake is.”

TRAUMA

Genl.maj. Thembisile Patikile het bevestig dat 13 mense op die plaas in hegtenis geneem is en dat ’n saak van betreding teen hulle gelê is. Die groep verdagtes het al in die hof verskyn en is met ’n waarskuwin­g vrygelaat. Hulle verskyn in Julie weer in die hof.

Nxenye en sy is gesin is erg getraumati­seer deur die gebeure.

“Amos en sy gesin was angsbevang­e oor die oproer by hul huis. Hy het vier kinders.

“Hy sê hy betwyfel die besetters se bewering dat hulle van dié omgewing is. Hy werk reeds langer as 20 jaar vir ons,” sê me. Feathersto­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa