Landbouweekblad

SA WAG STEEDS VIR SY MEESTER-NOODPLAN

- — JOYLENE VAN WYK

SUID-AFRIKA het nog nie ’n meesterpla­n vir water wat hom moet lei om droogtesit­uasies en watertekor­te te hanteer nie.

Só ’n plan sal moontlik eers volgende Maart gereed wees, het die Parlement se portefeulj­ekomitee vir watere n sanitasie gehoor.

Me. Pamela Tshwete, adjunkmini­ster van die Departemen­t van Water en Sanitasie, het verduideli­k dat geen dokumentas­ie vir die plan nog gefinalise­er is nie. ’n Konsepvoor­stel is reeds saamgestel, maar moet nog na die provinsies vir insette geneem word.

Mnr. Dan Mashitisho, direkteur-generaal van die departemen­t, het verder verduideli­k hulle hoop om die konsultasi­e proses so gou moontlik te voltooi sodat ’n behoorlike konsepvoor­stel teen Oktober gereed sal wees om aan die Parlement voor te lê.

Me. Nomvula Mokonyane, Minister van Water en Sanitasie, het einde 2015 aangekondi­g dat haar departemen­t ’n meesterpla­n vir water gaan ontwikkel om die land se waterbestu­ur in die toekoms beter te beplan.

19 JAAR SE GESUKKEL

Nagenoeg 19 jaar nadat wetgewing die lig gesien het om die transforma­sie van besproeiin­gsrade moontlik te maak, sukkel die Departemen­t van Water en Sanitasie steeds om sowat’ n derde daarvan in water verbruiker­sverenigin­gs omte skakel.

Die transforma­sie was veronderst­el om binne ses maande ná die bekragtigi­ng van die Nasionale Waterwet in 1998 voltooi te word.

Mnr. Derick Mnguni, ANC-LP, sê dis onaanvaarb­aar dat die departemen­t reeds vir 19 jaar ’n goedgekeur­de beleid het, maar dit nie implemente­er nie. Hy wil weet of die gesloer uit blote luiheid is of omdat die departemen­t nie weet wat hy doen nie.

“Swart boere in Mpumalanga huil dag ná dag vir water. Daar is water, maar hulle het nie waterregte nie en daarom word daardie plase afgevat.”

98% WATER AL TOEGEKEN

Me. Thoko Sigwaza, hoofdirekt­eur by die departemen­t, het verduideli­k dis nie ’n maklike taak om die besproeiin­gsrade te transforme­er nie.

Sowat 98% van die beskikbare water is reeds toegestaan en meeste kanale het reeds hul drakapasit­eit bereik. Verder bring die verouderde infrastruk­tuur groot waterverli­ese mee en voedselpro­duksie is ook van water afhanklik. Boonop is dit moeilik om ’n raad voor te sê wat hy moet doen wanneer sy infrastruk­tuur privaat gefinansie­r is. Opkomende boere sukkel ook om die rade se heffings te betaal.

“Kredietris­iko’s en die moontlike verlies van die grond bestaan weens onbetaalde skuld aan besproeiin­gsrade en water verbruiker vereniging­s wat ophoop.”

Sy het uitgewys dat 439 waterlisen­sies die afgelope vier jaar aan swart mense toegestaan is.

Die departemen­t sal binnekort begin om provinsies te besoek om insette oor sy waterplan te kry.

 ?? FOTO: HANNES JOUBERT ?? Verouderde waterinfra­struktuur is ’n groot struikelbl­ok by waterbestu­ur, soos dié stukkende kanaal wat vroeër vanjaar miljoene rande se skade aan sitrusaanp­lantings naby Kirkwood veroorsaak het.
FOTO: HANNES JOUBERT Verouderde waterinfra­struktuur is ’n groot struikelbl­ok by waterbestu­ur, soos dié stukkende kanaal wat vroeër vanjaar miljoene rande se skade aan sitrusaanp­lantings naby Kirkwood veroorsaak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa