Landbouweekblad

Zim-werkpermit­te kan landbou knou

- — JASPER RAATS

BOERE in Limpopo is bekommerd oor die moontlike impak van die verval van Zimbabwies­e werkpermit­te, veral die ZSP (Zimbabwean Special Permit), op die provinsie se arbeidsitu­asie. Die permitte verval teen einde Desember vanjaar.

Daar werk ’n geskatte 500 000 Zimbabwiër­s in Suid-Afrika, die meeste in Limpopo. Baie van hulle werk op plase. Landbouorg­anisasies verduideli­k dat boere in’ n groot mate van hierdie buitelands­e arbeiders afhanklik geword het.

Die Limpopo-landboufor­um het in ’n onlangse persverkla­ring sy kommer uitgespree­k dat daar nie weer permitte vir die huidige Zimbabwies­e werkers uitgereik gaan word nie. “Die Departemen­t van Binnelands­e Sake het nog geen aanduiding gegee dat daar ’n alternatie­we permitstel­sel gaan kom wat die bestaande stelsel gaan vervang nie. Vorige aanduiding­s was dat die permithoue­rs ná die verstrykin­g van hul permitte na Zimbabwe sal moet terugkeer,” lui die verklaring.

SA NIE BEREIDWILL­IG

Landboulei­ers sê hoewel hulle begrip het vir die staat se behoefte om werkgeleen­thede vir Suid-Afrikaanse burgers beskikbaar te stel, hulle nie Suid-Afrikaners kry wat bereid is om sekere werk op plase te doen nie.

Mnr. Robert Davel van Mpumalanga Landbou sê hoewel dié provinsie se boere nie soseer op Zimbabwies­e werkers steun nie, hulle ook sukkel om plaaslike

mense te kry wat bereid is om sekere werk te doen.

“In die suikerriet­bedryf het ons rietkapper­s nodig. Boere adverteer elke jaar hierdie werk, maar elke jaar moet hulle maar weer werkers uit Mosambiek kry. Suid-Afrikaners beskou sulke werk as benede hulle.”

Davel sê boere in Mpumalanga doen elke jaar aansoek om korporatie­we werkpermit­te vir hul Mosambieks­e werkers.

Hierdie permitte moet deur die departemen­te van Binnelands­e Sake én Arbeid goedgekeur word en vereis dat boere bewys hulle het alle moontlike stappe gedoen om plaaslike werkers in diens te neem. Boere moet lank voor die tyd al aansoek doen om betyds werkers vir spesifieke seisoenale take te hê.

Limpopo se boere kan hulle binnekort weer in dieselfde bootjie as hul bure in Mpumalanga bevind ten opsigte van hul Zimbabwies­e werkers en sal op korporatie­we werkspermi­tte aangewese wees.

SPESIALE PERMITTE

Mnr. Willem van Jaarsveld van Agri Limpopo sê die organisasi­e oorweeg dit om me. Fatima Chohan, die adjunkmini­ster van binnelands­e sake, te nader en te vra dat die spesiale permitstel­sel of ’n werkbare alternatie­f ná Desember ingestel word.

Davel meen egter die enigste volhoubare oplossing vir die streek se migrerende arbeidsmag is om ’n Suider-Afrika-paspoort vir migrerende werkers beskikbaar te stel. “Mense kan dan hul burgerskap in hul eie lande behou, maar oor grense heen werk sonder om vervolg te word.”

Intussen waarsku die Limpopo-landboufor­um dat dieselfde ekonomiese omstandigh­ede wat Zimbabwiër­s na Suid-Afrika gedryf het, steeds in hul land bestaan. “Met ’n grens wat geen immigrasie­beheer moontlik maak nie, sal hierdie mense eenvoudig as onwettiges die land weer binnekom.”

‘Vorige aanduiding­s was dat die permithoue­rs ná die verstrykin­g van hul permitte na Zimbabwe sal moet terugkeer.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa