Landbouweekblad

HOENDERBED­RYF MÓÉT BEMAGTIG

- — CARIEN KRUGER

DIE REGERING sal die pluimveebe­dryf deur invoertari­ewe bly beskerm, maar die bedryf moet ook sy kant bring.

Die bedryf moet aandag gee aan mededingen­dheid en tegnologie, maar ook aan die “onaanvaarb­aar lae vlakke” van swart ekonomiese bemagting (SEB).

“SEB is nie ’n luukse nie. Dit is ’n werklikhei­d waaraan ons nie kan ontsnap nie.” Só het mnr. Garth Strachan

(foto), adjunkdire­kteur-generaal van die Departemen­t van Handel en Nywerheid, op vanjaar se AVI Afr i c a-pluimvee konferensi­e in Kempton Park gesê.

Strachan is voorsitter van die Regering en die pluimveebe­dryf se taakspan wat aan oplossings vir die krisis in die bedryf werk.

Die oplossings moet volgens hom gesamentli­k gevind word. Ongunstige kommentaar deur leiers in die bedryf, soos dat die Regering eers wakker geskrik het toe mense hul werk verloor het, is onwaar en help nie die proses nie.

Strachan sê die taakspan het homself tot nou eers deeglik vergewis van die stand van verskillen­de kwessies in die bedryf.

Die slotsom waartoe gekom is, is dat die bedryf in die meeste dele van die waardekett­ing mededingen­d is, maar nie in alles nie, byvoorbeel­d nie wat meganies ontbeende vleis betref nie.

Verder aanvaar die Regering dat daar verwringin­gs op die globale mark is wat verband hou met verbruiker­s voorkeure en subsidies in ander lande.

Die taakspan het volgens Strachan nou ’n goeie begrip van die mate waarin ander lande hul verbruiker­s, maar ook hul bedrywe, deur sanitêre en fitosanitê­re maatreëls beskerm.

TARIEWE

Beskermend­e tariewe teen invoer kan egter nie sommer oornag ingestel word nie.

Strachan benadruk die onafhankli­kheid van die Kommissie vir Internasio­nale Handel s administra­sie, en dat Suid-Afrika die Wêreldhand­elsorganis­asie se reëls en handelsoor­eenkomste moet eerbiedig.

KOOP PLAASLIK

Strachan sê as deel van die Regering se ondersteun­ing aan die bedryf, het die Tesourie sowat drie weke gelede opdrag gegee dat staatsinst­ellings slegs plaaslike hoender mag koop.

‘SEB is nie ’n luukse nie. Dit is ’n werklikhei­d waarvan ons nie kan ontsnap nie.’

 ?? FOTO: DIE SON ?? Mnr. Garth Strachan.
FOTO: DIE SON Mnr. Garth Strachan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa