Landbouweekblad

Tam vraag knel groenteboe­re

- — JOHAN VAN DER MERWE

BYKANS alle groentebed­rywe trek tans ongekend swaar en hoewel daar steeds relatief goeie volumes daagliks verkoop word, bly die pryse baie laer as normaalweg.

Mnr. Charl van der Merwe, ’n groenteboe­r van die KoueBokkev­eld, sê ’n jaar gelede het uieboere bo R55/kg vir ’n sakkie uie van goeie gehalte gekry, met ’n nasionale volume van 600 000 sakkies van 10 kg.

“Tans is die volume steeds sowat 600 000 sakkies, maar die prys sukkel om bo R35 ’n sakkie te kom,” sê hy.

Mnr. Ian Grummbache­r, ’n direkteur van Dew Crisp, die landwye slaaiverpa­kkerenvers­preider, sê die slaaibedry­f is ook onder enorme druk. “Tans is produksie normaal, maar die vraag na alle slaaie is verskrikli­k laag, wat druk op die prys meebring.”

Mnr. Ebrahim Johnson, ’n sakeman wat vrugte en groente aan gastehuise, restaurant­e en huisvroue reg oor Kaapstad voorsien, meen egter die pryse op die mark is steeds te hoog.

“Ek koop slegs produkte van topgehalte op die mark, maar my kliënte begin ál meer kla oor die pryse. Hulle het bloot nie meer geld nie, maar verwag steeds topgehalte. Daarom bestel hulle eenvoudig kleiner volumes as gewoonlik.”

FORUM KAN HELP

Me. Lindie Stroebel, bestuurder van Produce Marketing Associatio­n (PMA) in SuiderAfri­ka, meen die ganse groentebed­ryf is onder druk. “Hoewel groenteuit­voer stadig toeneem, word die grootste persentasi­e van plaaslike produksie steeds plaaslik verkoop. Die verbruiker bestee egter ál minder geld.

“Dit bring mee dat pryse die afgelope paar maande erg onder druk gekom het, in teenstelli­ng met wat verlede jaar op groentemar­kte gebeur het, toe pryse relatief goed gelyk het en die daag likse verkoopvol­ume goed was.”

Sys ê die beoogde groentebed­ryf s forum sal produsente van groot hulp wees in sulke moeilike omstandigh­ede.

“Die situasie in die groentebed­ryf is nog nie op ’n punt van ’n ramp nie, maar boere begin beslis die resessie aan hul kontantvlo­ei voel, water gedruk op toekomsbep­lanning plaas ,” sê S troebel. “Dit is juis in hierdie situasie waar kollektiew­e besluitnem­ing en samewerkin­g om bykomende koste te bekyk, soos die inspeksied­iens, vir boere tot ’n groot voordeel kan strek.”

Forumstigt­erslede vergader einde Junie oor’ n implemente­ring s plan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa