Landbouweekblad

Kartel-ondersoek kon nie op slegter tyd kom

- — JOHAN VAN DER MERWE

DIE Mededingin­g s kommissies e ondersoek na ’n beweerde sameswerin­g in die voerkraalb­edryf – met rooivleis tans die duurste wat dit in jare was – kan die bedryf skade berokken.

Soortgelyk­e ondersoeke na groot rolspelers in die varsproduk­tewaardeke­tting en die kookoliebe­dryf is reeds van stapel gestuur.

Die kommissie het inligting van sewe van die land se grootste voerkrale bekom om bewerings van kartelvorm­ing en prysvasste­lling te ondersoek.

Bedryfsled­e meen die tydsbereke­ning van dié ondersoek is verkeerd, aangesien die klag reeds 18 maande gelede by die kommissie ingedien is, op ’n tyd toe die vleisbedry­f en veral voerkrale weens die droogte onder enorme druk was. Die destydse gebrek aan weiding en rekordhoë mielieprys­e het die aanbod van speenkalwe­rs die hoogte laat inskiet.

Weens die ooraanbod van kalwers het die prys vloer toe geval. Voerkrale voer egter aan dat hulle steeds nie veel geld gemaak het nie, juis omdat voer duur was en kleinhande­laars die ooraanbod uitgebuit het met lae aankooppry­se van rooivleis.

Een bron, wat gevra het om anoniem te bly, meen sameswerin­g sou eerder in só ’n situasie plaasvind as nou.

SAMEWERKIN­G GEGEE

Dr. Pi eter Prinsloo, ondervoors­itter van die Rooivleisp­rodusent eorganiasi­e en lid van die Veldvleis vereniging van Suid Afrika, sê die voerkrale se reaksie is prysenswaa­rdig. “Mnr. Louw van Reenen van( die voerkraalm­aatskappy) Beef m aster het byvoorbeel­d op sosiale media onmiddelli­k te kenne gegee dat hy die proses verwelkom. ’n Bedryf wat konkel en iets het om weg te steek, sal nie so reageer nie.

“Dit is egter nie goed vir ’n bedryf waarvan die verbruiker­spryse tans baie hoog is nie. Die ondersoek kan maklik in verbruiker­s weerstand ontaard deurdat die verbruiker te na gekom voel en dus eerder vis, hoender of varkvleis koop,” sê hy.

Van Reenen, uitvoerend­e hoof van Beefmaster, het in ’n verklaring sy samewerkin­g in die proses bewillig en gesê hy glo die proses is gesond vir die bedryf.

HOË KALFPRYS

Volgens mnr. Arnold Pretorius, uitvoerend­e hoof van Karan Beef, was hulle totaal verras deur die ondersoek. “Ons het die kommissie egter op die perseel verwelkom, want daar is nie veel om weg te steek nie.

“Ons het gerugte gehoor dat die ondersoek draai rondom beweringe dat voerkrale saamsweer om die kalfprys laag te hou. Die kalfprys is tans die hoogste in die geskiedeni­s.

“Daar is egter min salf te smeer aan die verbruiker se ingesteldh­eid op kort termyn. Ek is bekommerd dat die verbruiker gaan dink die bedryf is nie betroubaar nie, maar daaraan kan ons tans niks doen nie.

“Ons het nie iets om weg te steek nie en kan net hoop dat die proses so vinnig as moontlik sy gang gaan,” sê hy.

‘Ons kan net hoop dat die proses so vinnig as moontlik sy gang gaan.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa