Landbouweekblad

GM GEWASSE FLOREER IN SA

-

DIE OPPERVLAKT­E in Suid-Afrika onder geneties gemodifise­erde (GM) mielies, sojabone en katoen het verlede jaar met 16% tot 2,66 miljoen hektaar toegeneem.

Volgens dr. Maneshree Jugmohan-Naidu, direkteur van landbou biotegnolo­gie by die Departemen­t van Wetenskap en Tegnologie, was die Soedan die enigste ander Afrikaland waar GM gewasse verlede jaar geplant is.

Sy het op’ n mediakonfe­rensie van die landbou biotegnolo­gie bedryf( AB I) terugvoeri­ng gegee oor die 2016-verslag van die internasio­nale diens vir die verkryging van landbou biotegnolo­gie- toepassing­s( I SA AA ).

Jugmohan-Naidu het gesê GM saad is voorheen ook in Burkina Faso en Egipte geplant, maar tydelike terugslae het dit verlede jaar verhinder.

Wêreldwyd het 26 lande verlede jaar GM gewasse geplant en het die oppervlakt­e met 3% tot 185,1 miljoen hektaar gegroei.

Met die uitsonderi­ng van 2015 het die wêreldwye oppervlakt­e onder GM gewasse vir 20 jaar gegroei, in 12 van dié jare met dubbelsyfe­rs.

Die lande met die grootste oppervlakt­es is Amerika (72,9 miljoen ha), Brasilië (wat met 11% tot 49,1 miljoen ha gegroei het), Argentinië (23,8 miljoen ha), Kanada (11,6 miljoen ha) en Indië (10,8 miljoen ha).

Dié vyf lande se aanplantin­gs het saam 91% van die wêreld s’n verteenwoo­rdig.

20 JAAR-REKORD

In Asië en die Stille Oseaan-gebied het groei gewissel na gelang van omstandigh­ede. In Indië en China i sG M katoenaanp­lanting s deur lae wêreldprys­e benadeel. In die Filippyne en Mianmar het die oppervlakt­e onder GM mielies gegroei danksy ’n hoër vraag na voer vir lewende hawe en pluimvee, asook gunstige weerstoest­ande.

In Australië was goeie weer ook die geval ná twee jaar van droogte, wat gelei het tot groter aanplantin­gs van GM katoen en kanola.

Jugmohan-Naidu het gesê verlede jaar was ’n belangrike jaar omdat Nobelprysw­enners die eerste keer ’n verklaring uitgereik het ter ondersteun­ing van biotegnolo­gie en kritici daarvan veroordeel het.

Voorts het Amerika se nasionale akademies vir wetenskapp­e, ingenieurs­wese en medisyne ’n oorsig van 900 navorsings­tukke oor biotegnolo­gie sedert 1996 gepublisee­r. Daarin is bevind daar is geen verskil tussen die waarskynli­k risiko’s vir menslike gesondheid en die omgewing wat GM gewasse en konvension­ele gewasse daarstel nie.

“Biotegnolo­gie-gewasse het nou meer as 20 jaar ’n vlekkelose rekord van veilige gebruik en verbruik,” het Jugmohan-Naidu gesê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa