Landbouweekblad

EU GEE KOP MET 0,1%

-

DIE EUROPESE UNIE (EU) het onlangs ’n “reusespron­g” oor geneties gemodifise­erde (GM) gewasse gemaak.

Produkte met GM-tegnologie wat deur die EU goedgekeur is, is in ’n register aangeteken en mag ingevoer word.

Die streek het nou egter beweeg van zero-verdraagsa­amheid teen die voorkoms van ongoedgeke­urde GM produkte in ingevoerde voedsel en veevoer tot ’n skrale 0,1%.

“Dit is steeds ’n handelsver­sperring,” het dr. Wynand van der W alt, Suid-Afrikaanse biotegnolo­gie kenner, by die landbou biotegnolo­gie bedryf( AB I) se jaarlikse mediakonfe­rensie oor die stand van GM oeste wêreldwyd gesê.

Van der Walt het gesê die veranderin­g is ’n reusespron­g vir die EU, maar ’n baie klein veranderin­g vir lande waar GM gewasse vir aanplantin­g goedgekeur is.

Volgens hom is dit duur om graan vir sulke lae vlakke van GM produkte te toets.

Hoewel handel nou tegnies makliker behoort te wees, is dit vir Suid-Afrika in die praktyk steeds ’n probleem.

Van der Walt verwag nie dat die EU verdere veranderin­ge gaan maak of dat die internasio­nale handelsitu­asie beduidend gaan verander nie.

GESUKKEL MET SOJA

Mnr. Andrew Bennett, bestuurder van tegnologie-ontwikkeli­ng by Monsanto en voorsitter van die ABI se reëlingsko­mitee, het gesê voor Roemenië deel geword het van die EU, was Roundup Ready-sojabone daar goedgekeur. Dié land was toe ’n sojaboon-uitvoerlan­d.

Toe hy deel geword het van die EU, kon daardie saad nie meer geplant word nie.

“Roemenië het toe weer ’n sojaboon-invoerland geword en voer nou GM sojabone uit Brasilië in. Dit is hoegenaamd nie logies nie. Dit is tot sy boere se nadeel. In baie lande verteenwoo­rdig boere minder as 5% van die bevolking.”

Die oppervlak onder GM mielies in Europa het van 2015 tot verlede jaar met 17% gegroei.

Spanje is steeds die land met die grootste oppervlak onder GM gewasse, naamlik 129 081 ha onder mielies verlede jaar.

In Portugal was daar 7 069 ha, in Slowakye 138 ha en in die Tsjeggiese Republiek 75 ha onder GM gewasse.

‘In baie lande verteenwoo­rdig boere minder as 5% van die bevolking.’

 ??  ?? Dr. Wynand van der Walt, Suid-Afrikaanse biotegnolo­giekenner (LINKS), en mnr. Andrew Bennett, bestuurder van tegnologie-ontwikkeli­ng by Monsanto en voorsitter van die ABI se reëlingsko­mitee (REGS).
Dr. Wynand van der Walt, Suid-Afrikaanse biotegnolo­giekenner (LINKS), en mnr. Andrew Bennett, bestuurder van tegnologie-ontwikkeli­ng by Monsanto en voorsitter van die ABI se reëlingsko­mitee (REGS).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa