Landbouweekblad

VERBRUIKER­S WIL WEET: IS KOS VEILIG?

- — LUCILLE BOTHA

DIE mate waartoe boere plaagdoder­s gebruik en die manier waarop hulle verbruiker­s daaroor inlig, gaan in die toekoms belangrike­r raak én ekonomiese geleenthed­e vir boere inhou.

Volgens mnr. Kobus Pienaar, tegniese bestuurder van Woolworths se Farming for the Futureproj­ek, koop meer as 42% van hul klante dié supermarkg­roep se vars produkte met die aanname dat dit gesond en veilig is. ’n Derde verkies Woolworths se produkte gegrond op maatskapli­ke en omgewings getuigskri­fte.

“Ons het ’n opname onder 30 000 klante uit verskillen­de LSMvlakke gedoen. Die eerste vrae wat hulle vra is: Is die kos veilig? Is dit gesond? Dít is waar plaagbestr­yding van toepassing is,” het Pienaar op Hortgro Sci

ence se tegniese simposium op Simondium gesê.

Hy het statistiek van die Wêreld gesondheid s organisasi­e aangehaal wat aandui dat dieetverwa­nte siektes die grootste oorsaak van sterftes ter wêreld is. Dit hou ook verband met onoordeelk­undige gebruik van landbou chemikalie­ë.

Hy voorspel dat plaagdoder­s en kunsmis in die toekoms sal toeneem om genoeg kos aan ’n groeiende bevolking te voorsien.

“Ons het’ n groot verantwoor­delikheid om produksiem­iddele behoorlik te bestuur, nie onno

dig te gebruik nie en klante in te lig waarom ons iets gebruik.”

Pienaar sê Woolworths skryf nie aan boere voor om die organiese roete in te slaan nie en hou ook nie ’n lys van plaagdoder­s wat toelaatbaa­r is of nie. Die winkelgroe­p se standpunt is dat “dit wat goed is vir klante, is ook goed vir die grond, omgewing en biodiversi­teit op die plaas”.

“Ons wil ons kosonderne­ming aansienlik uitbrei en dit sal ons ekologiese voetspoor verdubbel. Ons het dus die verantwoor­delikheid om die regte dinge saam met die boere te doen. Wins en ekologies vriendelik­e metodes moet ook in balans met mekaar wees.”

‘Dit wat goed is vir klante, moet ook goed wees vir die grond, omgewing en biodiversi­teit.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa