Landbouweekblad

DOK THEO STAAN REG OM WÊRELD SE BOERE TE DIEN

- — JASPER RAATS

“IN Afrika het boere die vermoë om op landbougeb­ied saam te werk ten spyte van hul eie lande se betrokkenh­eid by internasio­nale politiek,” sê dr. Theo de Jager, nuwe voorsitter van die Wêreldorga­nisasie vir Boere( WF O ). Hy het met Landbouwee­kblad gepraat terwyl hy die spitsverke­er in Pretoria getrotseer het op pad na ‘n vergaderin­g waar hy boere van Limpopo se belange op nasionale vlak gaan verteenwoo­rdig.

Hy sê om onderlinge samewerkin­g tussen verskillen­de lande se landbou organisasi­es te bewerkstel­lig, is een van die groot hinderniss­e wat hy in sy ampstermyn van twee jaar by die WFO die hoof moet bied.

“Die Mexikaanse boere wil nie met die Amerikaans­e boere saamwerk nie, want die Amerikaans­e president dreig om ‘n muur tussen dié twee lande te bou. Die Russe en die Europeërs grom vir mekaar en die Noorden SuidAmerik­aners sit nie altyd om dieselfde vuur nie.”

De Jager, ‘n ervare onder handelaar, sal gemeenskap­like belange tussen sulke lede moet identifise­er en gesprekke bemiddel wat tot groter eenheid in die internasio­nale landbou lei.

EEN STEM NODIG

Daar is ook talle lande wie se landbouorg­anisasies nie tot die WFO behoort nie, veral in WesAfrika en die ou Oosbloklan­de.

“Ek sal daardie lande se organisasi­es moet besoek en hulle be trek om‘ n verteenwoo­rdigende stem vir internasio­nale landbou daar te stel.”

Ander kwessies wat vlak in boere se gemoed van oor die hele wêreld lê, is biotegnolo­giese handelsmaa­treëls.

Daaroor sê De Jager moet hy baie vinnig baie leer. “Europese boere kan nie sonder markbesker­ming bestaan nie, terwyl NieuSeelan­d se boere nie weet wat markbesker­ming is nie. Europa en groot dele van Afrika het ‘n weersin in die blote gedagte van geneties gemodifise­erde (GM) gewasse. SuidAfrika en die Amerikas boer baie suksesvol daarmee.”

Wat die GMkwessies betref, gaan De Jager se ervaring as bemiddelaa­r in verskeie landbouen grondvraag­stukke op die vasteland van Afrika ‘n sleutelrol speel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa