Landbouweekblad

Vooruitsig­te vir landbou is gunstig – Zokwana

-

DIE landbou is een van die belangriks­te faktore vir radikale maatskapli­k-ekonomiese transforma­sie, werkskeppi­ng en voedselsek­erheid vir almal, het mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, in sy begrotings­rede in die Parlement gesê. Hy het ’n begroting van R6 807 miljoen ter tafel gelê.

Zokwana het gesê R243 miljoen gaan in onder meer die rooivleisb­edryf belê word. Die algehele beleggings van die departemen­t sal oor 489 projekte versprei word, wat volgens Zokwana sowat 15 000 werkgeleen­thede sal skep.

Ná die afgraderin­g van Suid-Afrika se kredietgra­dering deur krediet agentskapp­e bly verwagting­e van ekonomiese groei op kort termyn onder druk. Volgens Zokwana sal voorsienin­g s faktore, soos die verhoogde beskikbaar­heid van mielies weens die goeie somerreën, ’n gunstige uitwerking op die ekonomiese vooruitsko­uing hê.

Hy het gesê die feit dat die aantal mense in diens van die landbou in die vierde kwartaal verlede jaar met 6,9% gegroei het, is ’n goeie teken. Dié getal het van 860 000 mense in die vierde kwartaal van 2015 tot 919 000 mense in die vierde kwartaal verlede jaar gestyg.

Volgens Zokwana is Suid-Afrika, soos talle ander lande, weerloos teen die impak van klimaatsve­randering. Die stygende voorkoms van natuurlike rampe in ’n vinnig veranderen­de klimaat is ’n ernstige globale kwelpunt, veral in die arm en landelike gebiede waar gemeenskap­pe op die landbou vir hul bestaan staatmaak. Die departemen­t sal in die nuwe boekjaar ’n strategies­e raamwerk oor “klimaatsli­m landbou” ontwikkel. Dit moet tot die regulering, bevorderin­g, koördinasi­e en toepassing van ’n doeltreffe­nde program bydra.

Die departemen­t sal ook vanjaar die klimaatsve­randering en-versagting s program afhandel. Die droogtes van 2015 en verlede jaar het ’n vernietige­nde uitwerking op landboupro­duksie in die land gehad.

MARKTOEGAN­G

Die toename in handel het tot ’n styging in die verspreidi­ng van siektes en plae gelei. Dié risiko van verspreidi­ng maak dit moeilik om oor marktoegan­g tot ander lande te onderhande­l. Suid-Afrika het egter goeie vordering op die gebied van internasio­nale marktoegan­g gemaak, soos deur ’n aantal ooreenkoms­te beklemtoon word. Die jongste en moeilikste onderhande­linge was dié met China om ’n uitvoermar­k te beding vir Suid-Afrikaanse beesvleis. Dit het gelei tot die onderteken­ing van ’n protokol in Februarie vanjaar, het Zokwana gesê.

Toegang tot markte is besonder moeilik, gegewe die magdom kwessies wat oorweeg moet word. Die departemen­t ontwikkel vernuwende maniere om die private sektor by inisiatiew­e te betrek.

Zokwana het die bekendmaki­ng van ’n vleis inspeksie skema in die Staatskoer­ant goedgekeur om vertrou eind i eland se inspeksie stelsel ste bevorder. Dié skema is daarop gemik om onafhankli­ke vleis inspeksie dienste in abattoirs regoor die land te vestig. Dit sal die kwessie van ’n gebrek aan vertroue in vleisinspe­ksies ondervang sodat daar nie vrae oor die gehalte van Suid-Afrikaanse vleis kan wees nie.

PLAE EN SIEKTES

Die landbousek­tor gaan steeds gebuk onder die uitbreking van plae en siektes by plante en diere. Uitbreking­s van kommandowu­rm en Afrika-varkpes is enkele voorbeelde daarvan.

Dié (en ander) siektes hou ’n bedreiging in vir voedselsek­erheid en handel. Dit is ook ’n bedreiging vir weerlose, landelike gemeenskap­pe. Die bestryding en bestuur van die siektes verg geïntegree­rde nasionale, streeks-en internasio­nale benadering­s.

Op streeksvla­k het die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap( SA O G) ingestem om die bestryding van siektes oor landsgrens­e heen onderhewig te stel aan vroeë waarskuwin­gs- en reaksiepro­gramme. Dié benadering sal lidlande van die SAOG bevoordeel sover dit die bestryding van siektes betref. Dit beteken ook dat bronne in die streek vir die waarneming, opsporing, onderdrukk­ing en uitwissing van siektes tot die maksimum benut sal word.

Hy het gesê die belegging wat in Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) gemaak is, is besig om vrugte af te werp. Suid-Afrika se internasio­nale siekte bestryding s maatreëls en entstof teen knopvelsie­kte is in aanvraag.

Die Europese Unie doen ook groot aankope by die OBP. Dié instelling se mededingen­dheid sal verhoog as die belegging in sy goeie bestuurspr­aktyke versnel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa