Landbouweekblad

Provinsial­e departemen­t neem voortou

-

DIE Wes-Kaapse departemen­t van landbou, bosbou en visserye het ’n omvattende jaarversla­g bekend gestel oor die verpligte diensjaar vir veeartse wat verlede jaar ingestel is. Dit is die eerste provinsie (en sover die enigste) wat só ’n verslag saamgestel het.

Verlede jaar was die eerste jaar waartydens gegradueer­de veeartse ingevolge die Departemen­t van Landbou se program verpligte gemeenskap­sdiens moes verrig.

Vanjaar is altesame 125 veeartse aan provinsies gesekondee­r om broodnodig­e dienste te lewer. Volgens die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) is dit ’n eiesoortig­e program in die veeartseny­veld en verskeie lande stel belang om dit na te volg.

Altesame 19 veeartse is verlede jaar na die Wes-Kaap gestuur met die doel om hul verpligte gemeenskap­sdiens te verrig.

Luidens die provinsial­e departemen­t se verslag het ses veeartse by die afdeling openbare veterinêre gesondheid gewerk, vyf by uitvoeraba­ttoirs en een by die sentrale kantoor. Drie veeartse het by dieregeson­dheid gewerk, een by die Bolandse staat s veearts kant oorent wee op Beaufort-Wes het hoofsaakli­ke

primêre dieresorg verrig.

Twee veeartse het met uitvoer beheer gehelp en uitvoer sertifikat­e uitgereik, data bestuur en oudits vir uitvoer goedkeurin­g van voedselver­vaardigers behartig.

Een veearts het op Stellenbos­ch in die veterinêre laboratori­um gewerk en hoofsaakli­k nadoodse ondersoeke gedoen en verslae geskryf.

Die RPO het die departemen­t gelukgewen­s met sy inisiatief en dit geloof as ’n voorbeeld van hoe die gegradueer­de veeartse se dienste aangewend kan word. Die RPO sal graag wil sien dat die ander provinsies die Wes-Kaap se voorbeeld volg.

HIERDIE BLAD IS DEUR DIE RPO GEBORG. BERIGTE IS DEUR DIE RPO GESKRYF EN VERSKAF. RIG NAVRAE AAN DIE RPO BY TEL. 012 349 1102. E-POS: rpo@lantic.net. WEBWERF: www.rpo.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa