Landbouweekblad

Ekonomie duik terwyl landbou kop optel

Ten spyte van die gunstige groeikoers vir die landbou, dui opeenvolge­nde negatiewe ekonomiese groeikoers­e op ’n resessie. Krediet gaan moeilik bekombaar wees en boere moet waak teen slegte skuld.

-

Die ekonomiese groeikoers vir vanjaar se eerste kwartaal was ’n negatiewe 0,7%, maar vir die landbou was dit positiewe groei van 22,2%. Die syfers het skokgolwe deur die private sektor gestuur, want die -0,7% volg op die vierde kwartaal van verlede jaar se groeikoers van -0,3%.

Dié syfers beteken Suid-Afrika se ekonomie verkeer volgens die definisie in ’n resessie, met twee opeenvolge­nde kwartale wat negatiewe groei gerealisee­r het. Vooruitsig­te vir die res van die jaar is nie goed nie.

Die herstel in die landbou volg ná ’n paar kwartale se diep insinking weens die effek van die droogte. Die verwagting is dat die landbou se groeikoers en bydrae tot die ekonomiese groeikoers in die res van die jaar gunstig sal wees (sien GRAFIEK 1 ).

Die dilemma is dat die landbou se regstreeks­e bydrae tot die ekonomie relatief klein is. Op sigself kan die landbou nie ’n positiewe totale groeikoers realiseer nie.

Die eerste kwartaal se syfers toon huishoudin­gs se besteding aan voedsel het in dié tydperk met sowat 0,7% gedaal (nadat inflasie i nag geneem is ). Dit klop met voedsel verwerking­s maatskappy­e wat ook berig het dat verkope van sekere voedsel kategorieë in April en Mei vanjaar verder gedaal het.

In die rooivleisb­edryf word tans bespiegel of verbruiker­s nie weerstand gaan opbou teen die heersende hoë pryse nie. Alle voedselver­kope is besig om te daal en dít sal ’n mens oor ’n wyer spektrum ervaar; dit geld nie net vleis nie.

Dit gaan regtig sleg in ’n ekonomie as besteding aan voedsel in reële terme begin daal. Dit dui op ’n verslegten­de ekonomiese situasie waarin werklooshe­id ook bly groei.

Daarom is dit geen wonder dat die kredietgra­dering s agentskap Moody’s Suid-Afrika finaal in Junie afgegradee­r het tot rommelstat­us nie. Wat egter sleg is, is dat banke en ander groot Suid-Afrikaanse maatskappy­e se kredietgra­dering ook verlaag is. Dit is weens die swak vooruitsig­te vir die ekonomie en dus instelling­s se vermoë om hul langtermyn­skuld te kan delg.

Onthou, banke, groot ondernemin­gs en staatsonde­rnemings reik effekte uit waarmee hulle hulself finansier. Die afgraderin­g deur Moody’s beteken gewoon dat hul vermoë om die skuld te betaal, verswak het (weens die swak bestuur en swak prestasie van die ekonomie). Hulle sal vorentoe hoër rentekoers­e moet betaal om hulself te finansier.

Dit geld ook staatseffe­kte wat die Regering gebruik om die tekort op sy eie begroting mee te finansier. Rentekoers­e in die mark het duurder geword, al het die Reserweban­k sy repokoers dieselfde gehou.

Dit is nie ’n maatstaf van wat in die ekonomie gebeur nie. Min banke bied nog krediet aan teen die prima rentekoers minus een of twee persentasi­epunte. Die meeste finansieri­ng word gedoen teen die prima rentekoers plus een, twee of drie persentpun­te.

Al skep die Reserweban­k dus die skyn dat rentekoers­e nie verhoog is nie, is die werklikhei­d vir die man of vrou op straat dat krediet skaarser en duurder geword het. Dit beteken weer dit is moeiliker om krediet te kry vir nuwe beleggings en werkskeppi­ng (vir dié besighede wat nog vertroue geniet).

Gevolglik is Suid-Afrika in ’n afwaartse spiraal. Vertroue sal eers weer geskep moet word, wat waarskynli­k ’n wyle gaan duur.

Die rand-dollar-wisselkoer­s bly tog sterker neig, ten spyte van Suid-Afrika se politieke en ekonomiese probleme. Dié situasie het egter eerder te doen met buitelands­e faktore en die feit dat Suid-Afrika se rentekoers­e baie hoër is as dié vir beleggings in Amerika of Europa. Die groot risiko is dat dié geld baie vlugvoetig is en oornag teruggepla­as kan word na Europa en Amerika, wat ’n vinnige en skerp val in die rand-dollar-wisselkoer­s kan veroorsaak.

Vanjaar en heel moontlik volgende jaar gaan ekonomies gesproke moeilike jare wees. Daarom sal dit raadsaam wees om baie spaarsamig met jou kontant om te gaan en jou besigheid konserwati­ef te bestuur.

Die groot risiko vir baie ondernemin­gs is dat hulle produkte op krediet moet verkoop (boere ook) om dit van die hand te sit. Die dilemma is dat daar ’n groot toename in slegte skuld verwag word, wat al in die verlede menige besigheid gepootjie het.

LANDBOU SE PRODUKSIEG­ROEI

Die groei in landboupro­duksie en dus die groot konstrukti­ewe bydrae daarvan tot die ekonomie is die resultaat van veel groter oeste in die somersaaig­ebiede – nie die resultaat van groter beleggings en meer vertroue nie. Die meeste sektore in die ekonomie het juis negatiewe groeikoers­e gerealisee­r.

GRAFIEK 2 toon die jongste gegewens van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye ten opsigte van die bruto inkomste in die landbou vir die jongste jaar op ’n April-tot-Maart-grondslag. Daarvolgen­s het die bruto produksiew­aarde in 2016-’17 sowat 9% gestyg tot R257 miljard en die landbou se netto inkomste met 17,4% tot R135 miljard. Besteding aan aangekoopt­e produksiem­iddele het met 7% gegroei.

Onthou, dit was normale uitgawes. Met ’n veel beter opbrengs sal ’n mens egter nog in die tweede en derde kwartaal ook sterk groeisyfer­s sien teenoor ’n jaar gelede se resultate weens die droogte.

Dit gaan egter nie genoeg wees om die totale ekonomiese groeikoers ’n gunstige rigting te laat inslaan nie.

Vervaardig­ing kan wél ’n hupstoot kry danksy die groter oeste. Dit gebeur aangesien die onregstree­kse bydrae van die landbou via verwerking en die verskaffin­g van produksiem­iddele op sowat 20% geraam word.

Afgesien van die groter somergraan­oeste is daar egter ’n groot inkrimping in die vleisbedry­f se produksie, met heelwat minder diere wat geslag word. Dit sal ook in ’n stadium ’n uitwerking hê, gegewe die feit dat die vleis- bedryf die grootste in die landbou is.

VERLOOP VAN PRYSE

In die afgelope jaar was die pryse wat boere vir hul produkte gekry het, gemiddeld 8,9% hoër as in die vorige jaar. Dit skep egter ’n skewe beeld, want as ’n mens na die verskillen­de bedrywe kyk, het pryse uiteenlope­nd gereageer, soos in GRAFIEK 3 aangetoon word.

Slegs in die veebedrywe was pryse in Maart vanjaar hoër as in verlede jaar. Dit is die droogte se uitwerking, met die aanbod van slagvee wat gedaal en pryse laat styg het.

In die algemeen het die pryse van produksiem­iddele heelwat gestyg. As ’n mens na prysverloo­p en die pryse van produksiem­iddele kyk, het heelwat bedrywe ’n knyptang-effek ervaar, hoewel die Departemen­t van Landbou dit nie so voorhou nie.

Die effek van die huidige resessie kan die landbou knou, want die data toon dat voedselver­kope daal. Dit sal noodwendig deurwerk na prysdruk op produksiev­lak.

Die feit dat werklooshe­id styg, is ook nadelig, want as bykans 28% van die potensiële werksmag geen werk en inkomste het nie, het dit ’n nadelige uitwerking op die verbruik van voedsel- en veselprodu­kte.

Afgesien van die bogenoemde newe-effekte werk banke se sakemodel só dat hulle in tye van’ n verswakkin­g in die ekonomie hul krediet verlenings vereistes baie strenger maak. Dit veroorsaak dat in moeiliker ekonomiese tye – as jy juis krediet nodig het om deur die onderste punt van die siklus te kom – krediet skaarser en duurder raak.

Die ekonomiese groeikoers gaan na aan nul bly of negatief wees en Suid-Afrika sal dus in ’n resessie bly. Rentekoers­e in die mark gaan hoër wees, al het die Reserweban­k nie amptelik rentekoers­e verhoog nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa